• Tuisblad
  • Sport
  • Afgedankte NSC-raadslede eis verskoning van minister
Joel Matheus, gewese voorsitter van die NSC-raad, Foto argief
Joel Matheus, gewese voorsitter van die NSC-raad, Foto argief

Afgedankte NSC-raadslede eis verskoning van minister

Sportkommissie
Tielman van Lill
Vyf van die agt raadslede van die Namibiese Sportkommissie (NSC) wat verlede Dinsdag summier deur me. Agnes Tjongarero, die minister van sport, jeug en nasionale diens, van hul poste onthef is, het haar vandeesweek vir ’n verskoning uitgedaag.

Die raadslede se driejaartermyn sou op 13 Junie tot ’n einde gekom het.

Die vyf gebelgde gewese raadslede is Joel Matheus (voorsitter), Linda Dumba-Chicalu, Karen Mubonenwa, Thomas Mbeeli en Niklaus Nghumono.

Hoewel Erica Beukes, Alna Similo en dr. Marius Johannes ook vanweë die ministeriële ingryping hul poste verloor het, is hulle nie deel van die veldtog nie.

’n Brief van mnr. Norman Tjombe (Tjombe-Elago Inc.) is Dinsdag per hand aan die minister se kantoor afgelewer. Tjongarero was tot die einde van gister se werkdag tyd gegun om haar verklaarde redes vir hul aflegging in die openbaar terug te trek. Sy moet hulle ook onvoorwaardelik en skriftelik verskoning vra.

Tjombe skryf: “Ons is bewus daarvan dat die minister ’n skikkingsooreenkoms aangegaan het. Die skikkingsooreenkoms is ’n hofbevel wat sê mnr. Freddy Mwiya sal die NSC se hoofadministrateur bly tot die hangende litigasieproses tussen hom en die minister afgehandel is.

“Die tydsberekening van die verwydering van ons kliënte as raadslede van die Namibië Sportkommissie dui op mala fide (kwaadwillige bedoelings). Ons kliënte se termyn sou op 13 Junie 2022 verstryk het – 12 werksdae ná 24 Mei.

“In ’n brief op 12 Mei 2022 het u ons kliënte ingelig dat hul ampstermyn in werklikheid op 31 Mei 2022 eindig, wat indien dit korrek is (wat ons betwis), drie werksdae sou gewees het vanaf die datum van hul afdanking.

“Daar kon nie enige goeie administratiewe of wetlike rede gewees het om ons kliënte se ampstermyn te beëindig nie – toe só ’n kort tydperk van 12 óf drie dae van hul termyn oor was.

“Die doel van die besluit om ons kliënte af te dank, was om hulle in die verleentheid te stel en te belaster. Die indruk is geskep dat ons kliënte die wet oortree het, nie vertrou kan word nie, onbevoeg is, ongeskik en oneerlik was en daarom is hulle verwyder.

“Aangesien die oorblywende gedeelte van ons kliënte se ampstermyn kort is, het ons kliënte ons opdrag gegee om jou in kennis stel dat hulle nie belang stel om (vir nog ’n termyn) heraangestel te word nie

“Die saak is ernstig en ons kliënte kan dit nie daar laat nie, want dit het ’n impak gehad op hul aansien as professionele mense buite die Namibiese Sportkommissie.

“In die lig van bogenoemde eis ons kliënte dat u die redes vir hul afdanking in die openbaar sal terugtrek. Hulle eis ook ’n skriftelike verskoning nie later nie as die sluiting van besigheid op Woensdag 1 Junie 2022. Ons kliënte se regte word voorbehou.”

Kommentaar

Republikein 2024-12-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 40° Rundu: 22° | 40° Eenhana: 22° | 37° Oshakati: 24° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 20° | 35° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 37° Henties Bay: 15° | 21° Swakopmund: 16° | 16° Walvis Bay: 15° | 20° Rehoboth: 20° | 36° Mariental: 20° | 37° Keetmanshoop: 18° | 34° Aranos: 20° | 38° Lüderitz: 16° | 31° Ariamsvlei: 18° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 21° | 39° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 35° Maputo: 21° | 39° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 17° | 24° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 21° | 34° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 23° | 37° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!