African Stars teen Chula Chula trek aandag
NPL-sokker
Uit al die Debmarine Namibiese Premierliga-sokkerwedstryde hierdie naweek is die een wat op sosiale media en elders gons môre die ontmoeting in die Hage Geingob-stadion tussen African Stars en Eeshoke Chula Chula.
Normaalweg sou ’n wedstryde tussen die heersende kampioen en ’n bevorderde nuweling uit die eersteliga nie soveel belangstelling uitlok nie.
Die stampvol pawiljoene wat Chula Chula in Oshakati lok, asook hul heel belowende opgang (drie uit sewe gewen, om tans sesde ut die 16 spanne te wees) trek egter toenemend aandag.
African Stars lok steeds soos altyd konsekwent goeie skares, hoewel hulle onverwags teen die onoorwonne voorloper FC Ongos (tevore bekend as Tura Magic) bloedneus gekry het en laas Saterdag met 0-0 teen Blue Waters op Walvisbaai ttevrede moes wees.
Stars het in hul laaste wedstryd teen Okahandja United met 4-0 reggeruk, wat ’n driekuns vir hul voorspeler-aanwins uit Ghana, Peter Adiwoh, ingesluit het.
Oshakati se trots, Chula Chula, het Sondag tuis teen Tigers met 1-1 gelykop gespeel.
Kaartjies word vooraf teen N$50 deur Kudu Key verkoop, of teen N$100 by die hek.
SATERDAG se ander kragmetings:
Unam-stadion: Unam tn Ongos, 16:00.
Hage Geingob-stadion: African Stars tn Eeshoke Chula Chula, 16:00.
SKW-stadion: Orlando Pirates tn Mighty Gunners, 16:00.
Otjiwarongo: Life Fighters tn Young African, 16:00.
SONDAG
Hage Geingob-stadion: African Stars tn Mighty Gunners, 15:00.
SKW-stadion: Orlando Pirates tn Eeshoke Chula Chula, 14:00.
Unam-stadion: Unam tn Young African, 15:00.
Otjiwarongo: Life Fighters tn FC Ongos, 15:00.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie