Afrigter Burden voel in die gesig geklap
Netbal
Daar is woelinge agter die skerms voor die Desert Jewels se groot taak by die WB-uitduntoernooi.
Het Netbal Namibië homself in die voet geskiet deur Sunette Burden as die nasionale hoofafrigter opsy te druk?
Burden, ’n gewese nasionale speler wie se verbintenis tot Namibiese netbal deur min geëwenaar word, is Maandagaand ingelig die nasionale beheerliggaam het ’n aanbod vir ’n nuwe hoofafrigter uit die buiteland voorgelê.
Hierdie ontydige ontwrigting plaas ontsaglike bykomende druk op die nasionale senior span, die Desert Jewels, se droom om as buiteperd vir die eerste keer vir die sport se wêreldkampioenskap te kwalifiseer.
“Toe ek by Maandagaand se vergadering uitvra oor die storie van die nuwe afrigter met wie hulle onderhandel, is ek ingelig die komitee reken die Desert Jewels het nie verlede maand by die Drienasiestoernooi in Malawi na wense presteer nie.
“Hulle wou wel hê ek moet as hulpafrigter aanbly, maar ek het uitgestap en hulle laat weet ons het niks verder om oor te praat nie. Ná drie jaar van hart en siel insit, is dit vir my baie hartseer om só gehanteer te word.
“Hoekom word dié planne agteraf gesmee sonder om enigiets aan ons te verklap? Kom ons wees eerlik met mekaar. As die saak vooraf bespreek was, sou ek met ope arms ingekoop het in die visie en ons gesamentlike droom om alles op te offer vir moontlike Wêreldbeker-kwalifisering.”
BLANTYRE: GOED OF SLEG?
Burden is baie trots op wat haar span teen vele omstandighede in tydens Juniemaand se toernooi in Blantyre, Malawi, reggekry het.
“Namibië is 22ste op die wêreldranglys, terwyl Zimbabwe 12de en Malawi sesde is.
“Ons het net een week met drie oefendae gehad. Vir die eerste keer in die geskiedenis het ons ná ’n kwart die voorsprong teen Malawi gehou, wat vir ons ’n groot oomblik was. Op hul tuisbaan het ons die verloorverskil teen Malawi tot 12 punte laat krimp.
“Ons het vir die eerste keer in ons geskiedenis ’n toets teen Zimbabwe gewen, met vier punte. Maar die uitvoerende komitee reken ons het nie presteer nie en sê net breedweg hulle stem nie met my spankeuses en kombinasies saam nie.”
Mary Waya (54), tevore ’n topspeler vir Malawi in drie Statebondspeles en twee wêreldkampioenskappe, is glo die nuwe hoofafrigter in Netbal Namibië se visier.
“Vir haar word glo ’n pakket aangebied, maar ons plaaslike afrigters en spelers moet basies as vrywilligers ’n klomp opofferings maak, insluitend ons persoonlike werkverlof. Vir die Malawi-toer het elke speler N$2 500 vergoeding ontvang,” sê Burden.
Haar voorganger Julene Meyer het haarself in April vanjaar onbeskikbaar gestel omdat sy vanweë persoonlike en boerderyverpligtinge nie meer die Desert Jewels haar volle toewyding sou kon gee nie. Burden was toe reeds vir drie jaar ’n hulpafrigter in verskeie van die span se groot toernooideelnames.
“Julene het my ’n sterk aanbeveling gegee en op 1 Mei het ek ’n werkkontrak tot einde Desember vanjaar met Netbal Namibië onderteken.”
AUGUSTUS
Netbal Namibië het gister sy oefengroep van 21 spelers aangekondig ter voorbereiding op die kontinentale Wêreldbeker-kwalifiseringstoernooi wat in Augustus in Pretoria aangebied word.
Burden sê sy is reeds van die nasionale groep se interne kommunikasie af, maar sy hoor drie spelers het reeds onttrek. Sy sien swarigheid vir die komende taak.
“Wat oefeninge en beplanning betref, het dinge ’n tyd lank stilgestaan. Nou hoor ek hulle wil die nuwe afrigter laat kom en op die naweek van 23 Julie eers proewe speel.
“Dit gee ons span weer ’n vreeslike kort voorbereiding voor die Pretoria-toernooi op 20 Augustus begin.
“Suid-Afrika en Malawi is op grond van hul ranglysposisie reeds deur Wêreldbeker toe. Die res speel vir twee WB-plekke, waarvoor omtrent agt lande realisties kan meeding.
“Uganda se span gaan nou die Statebondspele toe en sal fenomenale blootstelling kry. Spanne soos Zimbabwe het nog nooit opgehou oefen vandat hulle verlede jaar in Windhoek se Pent-reeks gespeel het nie. Die kompetisie gaan baie straf wees.
“Maar nou ja, die aangewese mense moet maar die ding doen. Kom ons kyk, dalk het hulle ’n towerstokkie.”
• In ’n onderhoud met die nuusagentskap Nampa het Netbal Namibië se visepresident vir bemarking en borgskappe, me. Rebekka Goagoses, gesê 80 persent van die spelers het reeds laas week begin oefen
“Diegene in Suid-Afrika sal seker teen die naweek aansluit. Teen 9 Augustus sal ons die groep tot 15 snoei, van wie 12 die reis sal aanpak.”
Goagoses het bygevoeg die nasionale afrigter het ná die Malawi-toer bedank, maar ’n tegniese span hanteer die oefensessies en spankeuring.
• Die spelers wat gister vir die nasionale oefengroep opgeroep is:
Verdedigers: Mwale Mulenamaswe, Cornelia Mupenda, Emmy Kutako, Berne Nel, Tjeripo Kambirongo, Venjekerea Maharero.
Middelbaanspelers: Loide Hanyanya, Monica Gomases, Imbileni Hambeleni, Anna Shipanga, Sunshine Murangi, Pupe Kandovazu, Victoria (Morning) Hasheela, Selma Bittler.
Doelskieters: Rachelle Roetz, Anna Kaspar, Nelandre Mostert, Eve Kamutushi, Tusnelde Fillemon, Louise Kasehua, Gola Ehrenfriede Uahongoro.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie