The Namibian Karate team ahead of their trip to the African Karate Championships (UFAK) in Casablanca, Morocco, on Saturday. They arrived safely on Sunday.
The Namibian Karate team ahead of their trip to the African Karate Championships (UFAK) in Casablanca, Morocco, on Saturday. They arrived safely on Sunday.

Afrigter verwag prestasies in Casablanca

Karate
Mariud Ngula
’n Span van sewe Namibiese karateka het die naweek na Casablanca in Marokko vertrek, waar die Afrika-karatekampioenskap (vir alle style) vir juniors en seniors Donderdag begin en tot Sondag voortduur.

Die Namibiërs, wat in kata (gevegte) en kumite (stylvertoon) sal meeding, word deur Stefan van der Merwe as die nasionale afrigter vergesel.

Die jongste spanlede is die inskrywings in die kadette se ouderdomsklas 14-15 jaar, naamlik Simone Labuschange (meisies kumite onder 61 kg) en Nellao !Naruses (meisies onder 61 kg kata en kumite).

Die juniors is Ronja Porteus (kumite onder 59 kg), Justin Scholtz (kumite onder 75 kg) en Merziaan Mouton (kata). In die senior kompetisie is Suzelle Pronk (onder 75 kg kata), Keanu Stuurman en Phillip van Antwerpen (beide onder 75 kg kata).

Van der Merwe sê: “Die span is goed voorbereid; ons het hierdie jaar hard gewerk. Die plan is om sommige van die huidige spanlede volgende jaar na die Afrikaspele te stuur.

“Hierdie sal vir ons ’n goeie toets wees om te sien waar ons karateka se vlak is in vergelyking met die bestes op die vasteland. Ek het hoë verwagtinge van die Namibiese span en sal graag wil sien hoe hulle vaar.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!