Afrigter waarsku oor rooi kaarte in toets
Rugby
Ian Foster, afrigter van die All Blacks, verwag die stortvloed rooi kaarte wat in die Superrugby Pacific-reeks gesien word, sal hierdie seisoen na toetswedstryde oorvloei.
Superrugby-skeidsregters duld nie enige optrede wat daartoe lei dat kontak met ’n teenstander se kop gemaak word nie.
Blasers was tevore huiwerig om rooi kaarte uit te deel en spelers is slegs vir ernstige gevalle van vuilspel afgestuur. Sonny Bill Williams se rooi kaart in die tweede toets tussen die All Blacks en Britse en Ierse Leeus in 2017 was die eerste vir ’n All Black-speler in 50 jaar.
Maar min rondes van vanjaar se Superrugby Pacific-reeks is voltooi sonder dat daar minstens een speler met ’n rooi kaart van die veld af gestuur is.
“Dit sal ongetwyfeld ’n invloed hê op toetsvlak,” sê Foster. “Ons het dit in die 2019 WB gesien toe dié inisiatief werklik tuisgebring is. Skeidsregters het dit vanjaar daadwerklik meer begin toepas en ons moet eenvoudig leer.”
Volgens Foster kom rooi kaarte veral voor in kontak wanneer ’n verdediger hom by ’n spanmaat aansluit wanneer die aanvanklike duikslag reeds gemaak is.
Ian Foster meen dit is die tweede verdediger wat versuim om by die baldraer se liggaamsposisie aan te pas wat die probleem is. Foto: Getty Images
“Jy sien nie baie rooi kaarte vir die verdediger wat ’n hoogvat op die baldraer uitvoer nie. Dit wil voorkom asof die probleem inkom wanneer ’n tweede verdediger toetree.
“Ek dink verdedigingsafrigters verlang twee spelers in die duikslag om die kontakpunt te wen. Dis die tweede verdediger wat toetree wat versuim om aan te pas by die verandering in die liggaamsposisie van die baldraer.”
Foster sê verdedigingsafrigters moet “deeglik herbesin” of dit die moeite werd is om ’n tweede verdediger in die kontaksituasie in te stuur.
Die All Blacks pak Ierland in drie toetse in Junie voordat hulle die Rugbykampioenskap teen Argentinië, Australië en Suid-Afrika aandurf en die jaar met ’n toer na Europa afsluit.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie