Skole in Ombalantu en outjo is van die nuutstes wat by die Standard Bank Junior Hokkie-inisiatief ingesluit is. Foto verskaf
Skole in Ombalantu en outjo is van die nuutstes wat by die Standard Bank Junior Hokkie-inisiatief ingesluit is. Foto verskaf

Afrigtingsklinieke op Outjo ’n mylpaal

Hokkie
Die Standard Bank Junior Hokkie-inisiatief nog ’n mylpaal bereik deur hokkie verlede week by vyf laerskole in Ombalantu in die Omusatistreek bekendgestel is.

Sedert sy bekendstelling op 7 September 2021 het die inisiatief reeds tien streke en byna 1 000 junior hokkiespelers bereik. Altesame 52 verskillende skole is reeds by die inisiatief betrokke.

Gister en vandag word die laaste afrigtingsklinieke vir 2022 op Outjo in die Kunenestreek gehou. Dit bring die aantal streke op 11 te staan, met slegs Kavango-Wes, Zambezi en Ohangwena wat oorbly om vanaf 2023 betrek te word.

“Dis ’n merkwaardige prestasie as in ag geneem word dat hierdie inisiatief eers elf maande gelede van stapel gestuur is. Vanjaar het ons hokkie in sewe streke bekendgestel, aangesien net vier streke in 2021 by hierdie inisiatief baatgevind het,” sê Erwin Handura, die projekbestuurder wat ook die nasionale vrouespan se afrigter is.

Intussen sal ligawedstryde in die Standard Bank Junior Hokkie-inisiatief volgende week in die meeste dele van die land afskop. Hierdie ligas sal opgevolg word deur die aanbieding van streekfeeste in elk van die twaalf dorpe, in die opbou na die nasionale feestoernooi op 1-2 Oktober in Windhoek.

Na verwagting sal elf streke in vanjaar se nasionale fees meeding, in waarskynlik die grootste skolehokkietoernooi die afgelope vyf jaar wat streekverteenwoordiging betref.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!