Nathan Chase (links) en sy jongboet Micah Chase Sondag by Maselspoort naby Bloemfontein, ná Nathan se oorwinning in die Suid-Afrikaanse triathlonkampioenskap (seuns 12 tot 15 jaar) waarin Micah goeie ondervinding as een van die jongstes opgedoen het. Foto Namibië Triathlonfederasie
Nathan Chase (links) en sy jongboet Micah Chase Sondag by Maselspoort naby Bloemfontein, ná Nathan se oorwinning in die Suid-Afrikaanse triathlonkampioenskap (seuns 12 tot 15 jaar) waarin Micah goeie ondervinding as een van die jongstes opgedoen het. Foto Namibië Triathlonfederasie

Afrika-beker gaan kookwater wees

Triathlon
Die Afrika-beker is 'n elite kompetisie vir internasionale met professionele ambisie, maar is ook vir die plaaslike deelnemers toeganklik.
Tielman Van Lill
Die RMB & Prosperity Life Afrika-beker in triathlon sal op Saterdag 25 Maart in Swakopmund aangebied word waar die kompetisie by die Mole sal begin en eindig.

Die Namibiese Triathlonfederasie (NTF) het die Afrika-beker verlede jaar April suksesvol in Swakopmund aangebied, wat atlete van meer as tien lande gelok het.

Die NTF het dié week verklaar hy is opnuut geëerd om dié elite byeenkoms se gasheer te wees.

Adelé de la Rey, sekretaris-generaal van die NTF, sê atlete van 15 lande het reeds vir vanjaar se kampioenskap ingeskryf.

“Triathlon bly groei in gewildheid en met 15 lande in die veld is dit die grootste byeenkoms wat die NTF tot nog toe sal aanbied. Atlete van Nederland, Finland, Oostenryk, Chili, Australië, Bermuda, Barbados, Japan, Brittanje, Mexiko, Kazakstan, Ierland en Mauritius het ingeskryf.

“Ons sal bevoorreg wees om voormalige Olimpiese en wêreldkampioene in aksie te sien.

“Die NTF bedank graag vir Prosperity Health, RMB, Mannie’s Bike Mecca, Network Television (NTV), E-Med Rescue 24, MTC The Dome, Kosmos 94.1, Hotline Catering Supplies en ElectroBoost vir hul ondersteuning,” het De la Rey gesê.

DIE KOMPETISIE

Die elite- en onderskeie ouderdomsgroepatlete sal in hul swemdrag wegspring en die Atlantiese Oseaan antikloksgewys in die Mole in ’n driehoekige uitleg aandurf.

Die Super Sprint is een rondte van 375 meter en Sprint 2x375 m (totaal 750 m).

Die fietsryskof is op ’n baanroete van 5 kilometer, ook in die omgewing van die Mole. Die Super Sprint-deelnemers doen twee rondtes (totaal 10 km) en in die Sprint-afdeling vier rondtes (totaal 20 km).

Die fietsroete word as tegnies en opwindend beskryf, sê die Namibiese Triathlonfederasie. Die roete van Theo Ben Gurirab-straat na Strandstraat, Werftstraat, Mittelstraat, Welwitschiastraat, Schulterusstraat en Ludwig Kochstraat is van so ’n aard dat die ryers steeds pret sal hê. Dit bied genoeg ruimte vir deelnemers om mededingers te kan afskud of in te haal.

In die hardloopskof sal deelnemers ná die oorgangsgebied weer na Theo Ben Gurirab-straat hardloop, links in Ludwig Koch-straat af draf, weer links in Strandstraat draai waar hulle ’n U-draai maak en die krane in die suidelike rigting na die oorgangsarea kan oopdraai.

Die Super Sprint is twee rondtes van 1.25 km (totaal 2.5 km) en die Sprint vier rondtes (totaal 5 km).

Inskrywings van spanne word ook geakkkommodeer, vir dié wat net wil swem, fietsry of hardloop.

Die Afrika-beker word onder die vaandel van Wêreldtriathlon aangebied en is ingesluit op die lys van internasionale byeenkomste waar atlete vir wêreldranglyspunte kan woeker. In die jare wanneer die Olimpiese Spele en Statebondspele gehou word, kan deelnemers vir dié spogkompetisies by die Afrika-beker kwalifiseer.

VERLEDE JAAR

Duitsland se elite vroue- en mansatlete het die 2022 Afrika-beker totaal en al oorheers.

Tim Hellwig was die wenner met Valentin Wernz tweede (beide Duitsland) en Stefan Zachaus van Luxemburg derde.

By die elite vroue het Anikka Koch van Duitsland geseëvier, terwyl Shanae Williams van Suid-Afrika en Silke de Wolde van Nederland onderskeidelik tweede en derde geëindig het.

Nathan Chase van Namibië het die mansafdeling van die Sprintkompetisie ingepalm. Ná hom was Paul Ingpen tweede en Jan Louis Mostert derde. Joe Pretorius, die vrouewenner, is deur Corley Gilley Viljoen (tweede) en Shanay Gilley Viljoen (derde) gevolg.

In die SuperSprint-afstand was Micah Chase (Namibië) die wenner met Stefan Kruger tweede, gevolg deur Jonas Nghinanamunha. Hilda-Marie Olivier (Namibië) het laasjaar hierdie vrouekategorie gewen, met Chloe Rossouw en Phil-Mari Engelbrecht tweede en derde.

CHASE-BOETIES

Nathan Chase het Sondag met ’n goed beoordeelde tempo die Suid-Afrikaanse triathlonkampioenskap by die Maselspoortdam naby Bloemfontein se seunskompetisie (12-15 jaar) ingepalm.

In ’n sterk veld van sowat 30 seuns het Nathan derde uit die water gekom en nog met een posisie vorentoe geskuif ná afloop van die fietsskof. Hy het tydens die hardloopskof die voortou geneem en die goue medalje ingepalm.

Sy jongboet Micah was een van die jongste deelnemers in die kompetisie en het ook waardevolle ondervinding opgedoen. Beide die jongmanne is ook bekende fietsryers in die kleure van Mannie’s Bike Mecca.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!