Afrika sal dié wêreldtitels verdedig

Atletiek
Die vroue en mans se marathon word onderskeidelik op Saterdag 26 en Sondag 27 Augustus beslis.
Tielman Van Lill
Afrika sal sy teenwoordigheid vandeesmaand in die marathon by die 2023 Wêreldatletiekkampioenskap in Boedapest, Hongarye, deeglik laat geld.

Gotytom Gebreslase (vroue) en Tamirat Tola (mans) van Ethiopië is die verdedigende wêreldkampioene. Gebreslase (28) en Tola (32) het vanjaar beide nog net een marathon gehardloop, met onderskeidelik 2:24:34 en 2:04:59 op die stophorlosie.

Gebreslase (2:18:11) en Tola (2:05:36) het Julie 2022 hul wêreldtitels in Eugene, Oregon, opgeraap.

Namibië sal deur Alina Armas en Tomas Rainhold in die marathon verteenwoordig word. Armas en Rainhold het weens hul posisie op Wêreldatletiek se ranglys gekwalifiseer.

Armas (39) het tydens die 2022 Statebondspele in Birmingham ’n sewende plek in 2 uur 33 minute 30 sekondes behaal, ná haar landgenoot Helalia Johannes se bronsmedalje.

Armas het in 2023 nog nie amptelik die marathon gehardloop nie. Die 43-jarige Johannes, ’n viermalige Olimpiese atleet, is sedert April aan die herstel van ’n kuitspierkwaal.

’n Vrou van Afrika sal beslis die goue medalje met die marathon inpalm. Die vinnigste tye vir 2023 is deur 23 Afrikane behaal met twee elk van Bahrein (18de, 22ste) en Japan (10de, 30ste) asook een elk van Nederland (4de), Roemenië (23ste) en die VSA (29ste).

Rosemary Wanjiru (Kenia, 2:16:28) het tans die vinnigste tyd in 2023 behaal, gevolg deur Tsehay Gemechu (Ethiopië, 2:16:56) en Ruth Chepngetich (Kenia, 2:18:08).

Die Ethiopies gebore Sifan Hassan van Nederland (2:18:33) is vierde en die enigste “nie-Afrikaan” onder die topvyf.

Vyfde is Megertu Alemu (Ethiopië, 2:18:37), sesde Peres Jepchirchir (Kenia, 2:18:38), sewende Sheila Chepkirui (Kenia, 2:18:51), agtste Yalemzerf Yehualaw (Ethiopië, 2:18:53), negende Ashete Bekere (Ethiopië, 2:19:11) en tiende Hitomi Niiya (Japan, 2:19:24).

Gebreslase is 71ste met haar 2:24:34 vir 2023.

MANS

Rainhold (32) het laasjaar in Korea 2:12:55 aangeteken en Februarie 2023 in Botswana met 2:17:15 ingeklok. Laasgenoemde plaas hom 665ste vir 2023. Hy het al die marathon in 2:10:24 (2021) in Italië vir sy persoonlike beste tyd afgelê.

Afrika se mans beklee opnuut 24 plekke onder die topvinnigsdte tye vir 2023. Belgie, Bahrein, Nederland, Israel, Kanada en Turkye maak ook aanspraak.

Tola se sterkste teenstand behoort te kom van die Keniaanse langasem, Kelvin Kiptum, en die Somalies gebore Bashir Abdi wat onder die Belgiese vlag hardloop.

Othmane El Goumri van Marokko en Gadisa Shumie (Ethiopië) is ewe gedug.

Toptien mans in 2023: Kelvin Kiptum (Kenia, eerste) spog met ’n blitsige 2:01:25, gevolg deur Abdi (2:03:47), Timothy Kiplagat (Kenia, 2:03:50), Bernard Kiprop Koech (Kenia, 2:04:09), Geoffrey Kamworor (Kenia, 2:04:23) vir die eerste vyf posisies.

Hierna volg Joshua Belet (Kenia, 2:04:33, sesde), Gadisa Shumie (Ethiopië, 2:04:59), Tola agtste, Marius Kimutai (Bahrein, 2:05:06) en Samwel Nyamai Mailu (Kenia, 2:05:08).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!