Namibië se nasionale poelbalspan. Voor is Jeanine Klopper, Cyril van Rooi (NPBF-president) en Anel Brink. Die middelry is Kelly Williams, Anna Nghidengwa, Beulah van Rooi, Martie Kotze en Samantha Lategan. Agter staan Tony Viljoen, Celeste Espach, Stunner Namhindo, Erastus Mwandingi en Werner Fest. Foto verskaf
Namibië se nasionale poelbalspan. Voor is Jeanine Klopper, Cyril van Rooi (NPBF-president) en Anel Brink. Die middelry is Kelly Williams, Anna Nghidengwa, Beulah van Rooi, Martie Kotze en Samantha Lategan. Agter staan Tony Viljoen, Celeste Espach, Stunner Namhindo, Erastus Mwandingi en Werner Fest. Foto verskaf

Afrika-stryd om die poelbaltafel

Poelbal
Namibië maak vanaf vandag sy internasionale debuut.
Andrew Poolman
Namibië maak sy internasionale buiging in poelbal dié week wanneer sy span teen agt ander nasies om die All Africa Blackball-kampioenskap meeding.

Vir die Namibiese Poelbal- en Biljartfederasie (NPBF) is dit welkome nuus ná die afstel van ’n beplande vriendskaplike reeks teen Zambië vroeër vanjaar, sê die nasionale beheerliggaam se president, Cyril van Rooi.

Namibië het ’n mans- en vrouespan (elk met vyf spelers) ingeskryf wat vanaf vandag tot komende Sondag 15 Oktober in Johannesburg gaan meeding.

Van Rooi sê hy is beïndruk met die talent wat by die proewe na vore getree het. “Dis beslis ’n wonderlike platform om die plaaslike sport na hoër hoogtes te voer,” sê hy.

Namibië se span word teen Suid-Afrika, Zambië, Eswatini, Kenia, Botswana, Zimbabwe, Tanzanië en Uganda opgeweeg.

Van Rooi sê die span het ’n druk skedule, maar hy is positief oor hul kanse in beide die span- en individuele kompetisies.

“Dis Namibië se eerste internasionale verskyning in dié kompetisie en dis ’n groot toets vir die nuwelinge, maar hulle sal beslis goeie ondervinding opdoen.”

Die NPBF het skaars ’n jaar gelede volle lidmaatskap van die Namibiese Sportkommissie verkry. Gedurende dié jaar is die aantal klubs vanaf vyf tot elf uitgebrei. Vyf streke is nou ingesluit (Khomas, Erongo, Hardap, Omaheke en Kavango), sê Van Rooi.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!