• Tuisblad
  • Sport
  • Al-Attiyah wen Dakar met grootste voorsprong nóg

Al-Attiyah wen Dakar met grootste voorsprong nóg

Motorsport
Johann Verster
Een van die kleinste en een van die grootste wenmarges in die moordende Dakar-veldtydren tot nog toe – 43 sekondes in die afdeling vir motorfietse en een uur 18 minute en 49 sekondes in die afdeling vir motors – het die 2023-weergawe van die wêreld se langste en moeilikste motorsportbyeenkoms, wat gister in Saoedi-Arabië geëindig het, gekenmerk.

Die Suid-Afrikaans geboude Toyota Gazoo Racing Hilux van Nasser Al-Attiyah van Katar en sy Franse navigator, Mathieu Baumel, wat die algehele voorjaers vanaf die derde tot die 14de sneltrajek was, het hul motor onder groot gejuig eerste op die wenverhoog parkeer.

Kort tevore het die motorfietsjaer Kevin Benavides van Argentinië dié afdeling op sy KTM gewen nadat hy die vorige dag se voorloper, die mede-KTM-jaer Toby Price van Australië, in die doodsnikke van die ren verbygesteek het. Hy was 55 sekondes voor Price by die eindpunt, maar op die algehele ranglys was sy voorsprong net 43 sekondes.

Die motorfietsjaers het die betreklik kort sneltrajek oor 136 km in net minder as een uur 10 minute afgelê, terwyl die motorfietsjaers se vinnigste tyd vyf minute langer was.

Die algehele tydsduur vir die hele ren was egter korter vir die tweewieljaers – 44 uur 27 minute en 20 sekondes teenoor 45 uur drie minute en 15 sekondes vir die motors.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!