Alle paaie lei na die Noorde vir kampioenskap

Landlope
Namibië se avontuurlustige landloopatlete sal die naweek vir nasionale titels kan meeding.
Tielman Van Lill
Eenhana in die Ohangwenastreek is môreoggend die gasheer vir Atletiek Namibië se nasionale veldloopkampioenskap by die Open Ground-veld.

Laerskoolmeisies en -seuns vanaf onder nege tot onder 13 sal vanaf 10:30 aan ’n ontwikkelingswedloop kan deelneem. Dit tel nie vir die nasionale kampioenskap nie en is daarop gemik om jong talent uit die plaaslike gemeenskap te ontgin.

Atlete wat vir nasionale titels in aanmerking kom, is junior vroue en mans, senior vroue en mans, veteraan vroue en mans, meester vroue en mans. ’n Belangrike stap is die item vir hoërskoolkinders van onder 14 tot onder 18.

’n Roete van twee kilometer is uitgemeet wat in rondtes herhaal sal word. Die onderskeie afdelings hardloop van twee tot tien kilometer.

Die program:

09:00, Junior vroue (18 en 19 jaar) 6 km. Veteraan vroue (40 tot 49 jaar) 6 km.

09:30, Junior mans (18 en 19 jaar) 8 km. Veteraan mans (40 tot 49 jaar) 8 km.

10:30, Ontwikkelingswedloop vir meisies (o.9 tot o13) 2 km.

11:15, Ontwikkelingswedloop vir seuns (o.9 tot o.13) 2 km.

12:00, Senior vroue (20 tot 39 jaar) 10 km.

12:45, Senior mans (20 tot 39) 10 km.

13:30, Meisies (14 tot 17 jaar) 4 km. Meestersvroue (50 tot 59 jaar) 4 km.

14:15, Seuns (14 tot 17 jaar) 6 km. Meestersmans (50 tot 59 jaar) 6 km.

15:00. Toespraak deur die burgemeester en prysuitdeling.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 21° | 32° Ruacana: 22° | 29° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 21° | 30° Gobabis: 19° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 23° Rehoboth: 24° | 33° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 26° | 38° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 21° | 30° Cape Town: 20° | 30° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 18° | 27° #REF! #REF!