Alles op die spel teen Bafana

Sokker
Andrew Poolman
As een van die verrassingspakkette in die Afrika Nasiebekertoernooi het die Namibiese sokkerspan ’n finansiële aansporing gekry om komende Sondagaand teen Suid-Afrika nóg ’n tree vorentoe te gee.

Die president van die Namibiese Sokkervereniging, Robert Shimooshili, en die sportweddersmaatskappy PSTBet se stigter en uitvoerende hoof, Steve Hamunyela, het elkeen N$150 000 as beloning aan die Tafel Lager Brave Warriors beskikbaar gestel. Hulle het individue en die sakegemeenskap aangemoedig om hul waardering vir die nasionale sokkerspan te wys.

Groot afwagting heers vir Sondag se bulstryd in Korhogo, Ivoorkus (22:00 Namibiese tyd), tussen die twee buurlande wie se openingswedstryde in Groep E Dinsdagaand so uiteenlopend geëindig het.

Die Brave Warriors vlieg hoog ná hul geskiedkundige eerste oorwinning in die kontinentale toernooi, met 1-0 teen die gedugte Tunisië.

Hierteenoor staar ’n vroeë uitskakeling Bafana Bafana in die gesig nadat Mali hulle met 2-0 getrap het. Onder hul Belgiese afrigter Hugo Broos is Suid-Afrika met die rug teen die muur en kan nie bekostig om sonder ligapunte uit die wedstryd te kom nie.

Met verskeie Namibiërs wat tans of tevore in Suid-Afrika se beroepsklubs speel of gespeel het, is die mededinging tussen die twee sokkernasies op breekpunt.

Te midde van die huidige goue era van sukses onder afrigterskap van Collin Benjamin sal Namibië enigiets gee om die Brave Warriors tot die rondte van 16 te sien deurdring – ten koste van Suid-Afrika.

Sedert 1998 het die Brave Warriors net twee uit 13 wedstryde teen Bafana Bafana gewen en sewe keer verloor. Die twee oorwinnings was boonop ’n halwe leeftyd gelede (1998 en 1999).

Benjamin het sedert die triomf teen Tunisië uitgewys dat die Brave Warriors alles wil gee om vir die ganse Namibië landstrots en blydskap te verskaf.

Hoewel spanne soos Namibië, Mali en die Kaap-Verdiese Eilande hul eerste wedstryde gewen het, word hul kanse om die eindstryd op 11 Februarie te haal steeds nie juis ernstig opgeneem nie.

Daar behoort ná die twee rondte wedstryde meer duidelikheid te wees oor wie die sterkste aanspraakmakers op die Afrika-kroon is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!