Allister wil op toer voortbou na Wêreldbeker

Rugby
Twee van die span se leiersfigure sal in Spanje by die toergroep aansluit.
Andrew Poolman
Die aansluiting van die senter en kaptein Johan Deysel en die vurige haker Torsten van Jaarsveld behoort ’n wesenlike verskil teweeg te bring in die Namibiese nasionale rugbytoerspan wat gister die reis noordwaarts vir twee November-toetse in Europa begin aanpak het.

Deysel (Colomiers) en Van Jaarsveld (Bayonne) sal vanaf hul Franse klubs aansluit by die Namibiese span wat komende Saterdag in Madrid teen Spanje te staan kom. ’n Week later lê nog ’n toetswedstryd teen Kanada in die Nederlandse hoofstad Amsterdam voor.

Beide is gesoute leiersfigure in die groep, wat ook in hul posisies akkuraatheid verskaf.

Afrigter Allister Coetzee het gister gesê die strewe met die komende toer is om met die gevestigde kern van spelers voort te bou wat in Juliemaand die laaste hekkie oorgesteek het om die land vir die 2023 Wêreldbeker in Frankryk te laat kwalifiseer.

Met die uitsondering van Aranos Coetzee (vaskopstut van die Cheetahs wat tans aan Bath in Engeland geleen word), wat met ’n kuitbesering sukkel, en die slot Tjiuee Uanivi wat nie by sy Franse klub vrystelling kon verkry nie, is die Namibiese voorspelers redelik naby aan op die beste beskikbare kombinasie.

Coetzee het ook twee gesoute Namibiese professionele spelers vir die eerste keer opgeroep, insluitend die flank Richard Hardwick (Melbourne Rebels) wat ’n nuwe internasionale loopbaan vir sy geboorteland op dreef kan kry nadat hy in 2017 twee toetse vir die Wallabies gespeel het.

Die senter Le Roux Malan, tevore van Ikeys, speel vir die New England Free Jacks in die VSA en is ook ’n gebore Windhoeker. Malan en Hardwick was beide Saterdag as plaasvervangers betrokke in die Windhoek Draught Welwitchias se vriendskaplike wedstryd teen die Windhoek Draught Griekwas om die Hage Geingob-beker in Windhoek, wat die besoekers met 33-18 gewen het (verslag binne in Sport Wrap).

Unam se senter Alcino Izaacs was ongelukkig om Saterdag met ’n duikslag teen Griekwas sy skouer te beseer en bly dus tuis, nadat hy in Julie sy toetsdebuut in Frankryk gemaak het.

Coetzee het uitgewys dat die beseringslys van buite-agterspelers ook Gerswin Mouton (skoueroperasie), Chad Plato, Lesley Klim en Lorenzo Louis insluit. Die veelvuldige toetservaring van JC Greyling en Johann Tromp is ook deur hul onlangse internasionale uittredes as ’n opsie verwyder.

Nuwe bloed is gevolglik betrek in die vorm van die jong vleuels Warren Ludwig (Wanderers), Daryll Wellman (Unam) en losskakel André van der Berg (Wanderers).

“Ons het twee taai toetswedstryde voor ons, maar daar is heelwat opbouende aspekte wat ons uit Saterdag se lopie teen Griekwas kan neem,” het die afrigter gesê.

• Die toerspan se name verskyn ook op bl. 1 van Sport Wrap.

WÊRELDBEKER

In Dubai het die finale uitduntoernooi om die 20ste kwalifiseerder vir Frankryk 2023 te bepaal, gister tussen vier naaswenners van die onderskeie vastelande afgeskop.

Kenia is met 68-14 deur die Verenigde State afgeransel, terwyl Portugal met 42-14 die oorhand teen Hongkong verkry het (rustyd 21-7).

Vreemd genoeg het die Amerikaners 19 minute geneem om hul eerste drie te druk, waarna hulle die reusetelling met tien drieë teen twee opgestapel het.

Die kragmeting op Vrydag 18 November tussen die VSA en Portugal kan dus bepalend wees. Die toernooiwenner dring deur na volgende jaar se Wêreldbeker in Frankryk, waar hy in groep C by Wallis, Australië, Fidji en Georgië sal aansluit.

Kommentaar

Republikein 2024-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford English Championship: Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A