Amateurboks in cul de sac
Boks
'n Beswaarde groep wil aandag vestig op die gebrek aan belegging in amateurboksers.
Amateurboks in Namibië het die afgelope paar jaar aansienlik aansien verloor en steek sleg af by die res van Afrika se programme.
’n Onlangse weerspieëling was die Afrika-kampioenskap waar Namibië bra power gevaar het. In die verlede was dié sportkode goed verteenwoordig en spanne van tien sou gekies word.
Die afgelope sewe jaar het Namibië slegs gemiddeld vier boksers gestuur om op die kontinentale vlak mee te ding.
’n Ooglopende, dog kortsigtige faktor is dat amateurboks klaarblyklik nie geld in die sakke van klubs en promotors plaas nie.
Selfs die mees prominente klubs soos die MTC Nestor “Sunshine” Tobias-boksakademie, MTC Salute-boksakademie, MTC Kilimanjaro-boksklub en AC Boxing fokus bykans al hul aandag op die bevordering van beroepsboks.
Hoewel van die klubs en streekfederasies jaarliks enkele amateurtoernooie aanbied, is dit nie naastenby genoeg om talent betekenisvol te kweek of op die voorgrond te plaas nie.
Die gebrek aan belangstelling van die Namibiese Amateurboksvereniging (NABF), Namibiese Sportkommissie (NSC) asook die ministerie van sport, jeug en nasionale diens is kommerwekkend.
Amateurboks het in die verlede vir die land medaljes en glorie gesorg. Die gebrek aan belegging vanaf grondvlak se uitwerking is reeds sigbaar in die afname in beroepsboksers wat as amateurs genoegsaam aan hul vaardighede geslyp het om enigsins hoër as Afrika-vlak kompeterend te wees.
Namibië se wêreldtitelhouers Harry Simon (senior), Paulus (Hitman) Moses), Paulus Ambunda en Julius Indongo is almal reeds uitgetree en hoewel Jeremiah Nakathila, Charles Shinima en Paulinus Ndjolonimus steeds naby aan die topvlakke in hul gewigsklasse beweeg, is hulle ook al verby 30-jarige leeftyd.
Waar is die volgende golf van jong leeus wat in komende jare hul merk in die VSA of in Brittanje kan gaan maak en hulself tot in die geselskap van wêreldtitelgevegte kan opwerk?
ADMINISTRATEURS AAN DIE STRY
Met die belang van amateurboks op die hart het ’n bekommerde groep amateurboksentoesiaste Dinsdag in die hoofstad met reg hul kommer uitgespreek.
Volgens die groep het die uitvoerende raad van die NABF klaaglik misluk om dié sportkode te laat herleef sedert hul oorname op 1 Desember 2020. Daar het min of niks opbouend in die afgelope drie jaar gebeur nie, word gekla.
Karen Shikongo, woordvoerder van die groep, het by die mediakonferensie gesê hulle het vroeër in 2023 met die NSC vergader. By die geleentheid is gevra dat ’n ultimatum aan die NABF gerig moet word, maar niks merkbaar het gerealiseer nie.
Sy het die NSC beskuldig dat dié kant kies. Shikongo sê omrede die NABF misluk het om die afgelope sewe jaar ’n nasionale span saam te stel, die enigste oplossing is om die NABF-raad onmiddellik te ontbind.
Shikongo sê: “Voorheen sou ons ’n groep van tien boksers gehad het wat deel van die nasionale span uitmaak. Maar vir die afgelope sewe jaar is net vier boksers gekies. Tans is ons onseker of enige Namibiese bokser ons land by die 2024 Olimpiese Spele sal verteenwoordig. Geen nuwe talent is geïdentifiseer nie en diegene wat tans in die span is, sukkel.”
Freddy Mwiya, hoofadministrateur van die NSC, het Vrydag op ’n NBC-sportprogram gesê Shikongo en haar groep se optrede is onwettig, want net 14 streke kan ’n mosie van wantroue in die NABF instel.
Mwiya het gesê: “Die NABF het in Februarie vanjaar die besluit geneem om verkiesings in drie streke te hou en ’n nasionale toernooi in Swakopmund te reël. Die streekverkiesings vir Omaheke en Oshana is afgehandel, maar die ||Karasstreek is nog uitstaande weens uitdagings, omdat daar net een boksklub is, op Oranjemund.
“Wat hul tweede besluit betref, is ’n bokstoernooi in Maart vanjaar in Swakopmund gehou.”
“Die beswaarde groep moet hulself eerder met die Sportwet en die regulasies van die NABF vertroud maak.”
Die beswaarde groep wil hê ’n tussentydse komitee moet gekies word om die NABF te bestuur tot tyd en wyl ’n algemene jaarvergadering gehou kan word waar nuwe leiers verkies kan word.
Die huidige uitvoerende lede van die NABF is Benjamin Rebang (president), Jeremia Ndjembo (adjunkpresident), Lisias Hangula (adjunkskakelbeampte), Israel Hamutumbagela, Bernard Kamatoto, Selma Shikukumwa, Immanuel Hamukwaya, Maria Iikela, Petrus Kashango en Patrick Siluka.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie