Ander sportkode hou pretdag op Affies-baan
Rolbal
Die Namibiese Rolbalvereniging (NBA) is opgewonde om die publiek, ongeag of hulle aktiewe rolbalspelers is of nog nooit tevore gespeel het nie, te nooi om vir die eerste keer in die land op ’n kunsmatige oppervlak te speel.
Die NBA was suksesvol in sy onderhandeling met Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) om sy sintetiese hokkieveld by die Wanderers-sportklub in Pionierspark te gebruik. Die geleentheid begin môre om 10:00.
Sommige rolbalspelers wat reeds ’n paar balle op die hokkiebaan losgelaat het, sê dit is ’n ander ervaring as om op gras te speel. ’n Hokkieveld se lengte is langer as ’n standaard rolbalbaan en die spelers se skatting van die afstand sal dus beproef word.
Spanne van twee, sonder inagneming van geslag, sal elkeen drie rolkanse kry, hoewel die volledige formaat glo opgeklaar sou word sodra al die inskrywings ontvang is, wat vroeër dié week gesluit het.
Mnr. Michael Wells, president van die NBA, is baie opgewonde oor dié inisiatief, tesame met die beheerliggaam se sekretaris van kompetisies, Colin Peake. Afhangend hoe môre verloop, kan die NBA in die toekoms meer sulke toernooie aanbied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie