Drikus Coetzee (links) en Ingram Cuff het onderskeidelik eerste en twee geëindig.
Drikus Coetzee (links) en Ingram Cuff het onderskeidelik eerste en twee geëindig.

Anri en Drikus vat eerste Sundowner

Bergfietsry
Tielman van Lill
Die eerste van agt byeenkomste in die Hollard Sundowner Gravel & Dirt bergfietsreeks is Woensdag laatmiddag by Heja Lodge oos van Windhoek gehou, waar 154 ryers individueel die roete van 24 kilometer aangepak het.

Die algehele manswenners in dié uitdaging was Drikus Coetzee (40 minute 13 sekondes), Ingram Cuff (40:14) en Philip Steyn (44:46) wat 99 ander manne uitgestof het.

Coetzee het die roete teen gemiddeld 36 kilometer per uur afgelê, met Cuff ’n kortkop agter hom.

By die vroue was Anri Krugel (48:04), Irene Steyn (51:51) en Ada Kahl (53:56) vooraan die 52 vroue wat gery het. Krugel se gemiddelde spoed van 30 km/h is uitstekend.

Anders as met tradisionele resiese waar ryers gelyktydig saam begin, kon die deelnemers wegspring soos hulle by die venue aangekom het. Bergfietsentoesiaste kan aan al agt kompetisies deelneem wat by dieselfde venue en afstand aangebied sal word. Elke ryer se ses beste tye word aan die einde van die reeks gebruik om hul totale rytyd saam te stel en die wenners in elke kategorie te bepaal.

Mnr. Johan Pretorius van Raceday Events, hooforganiseerder van die Gravel & Dirt-byeenkomste, sê sy elektroniese stelsel verseker dat elke deelnemer se tyd reg gemeet word vir ’n finale tyd aan die einde van die reeks.

“Vir die agt byeenkomste gee ons slegs medaljes vir die eerste drie posisies by die mans en vroue. Maar by die Gravel & Dirt-prysuitdeling aan die einde van die jaar word wel erkenning aan die ander afdelings gegee,” het hy verduidelik.

Pretorius versoek bergfietsryers om nie die roete by Heja Lodge op enige ander dag of tyd as die byeenkomsdatums te gaan ry of te oefen nie.

“Die roete is op private eiendom en daar is nie toestemming deur die eienaar gegee om daar te ry nie. Bergfietsentoesiaste moet asseblief hierdie reëling respekteer. Ons het net toestemming om die roete tydens kompetisies te gebruik,” het hy benadruk.

Komende datums vir die Gravel & Dirt Sundowner-reeks by Heja Lodge is 23 Maart, 6 en 20 April, 11 Mei, 6 en 20 Julie. Die laaste byeenkoms vind op 3 Augustus plaas. Volledige inligting is by www.raceday.events beskikbaar.

KAAPSTAD

Sondagoggend se Pick n Pay Kaapstad-fietstoer is nie net ’n gewilde geselligheid vir vele Namibiese padfietsryers nie. Vir die land se elite mans en vroue is dit ’n geleentheid met baie op die spel.

Vir die padfietsryers is dit die laaste van vyf geleenthede wat die Namibiese Fietsryfederasie gebruik as “proewe” vir die span na die naderende Statebondspele in Birmingham in Julie.

Drikus Coetzee en Vera Looser, reeds bekroon as 2022 se nasionale kampioene, het basies hul plekke verseker, maar ander jaers kan ook met hul vertoning in ’n werklik kompeterende buitelandse resies hul aandele laat styg.

Coetzee en Looser se mede-Namibiërs Sondag sal Alex Miller, Hugo Hahn, Jean-Paul Burger, Danzel de Koe, Xavier Papo, Brandon Plaatjies, Courtney Liebenberg, Melissa Hinz en die jong Monique du Plessis wees.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!