Argentinië bied Namibië spogkans
Inlynhokkie
Die Namibiese Ys- en Inlynhokkievereniging (NIIHA) het ’n suksesvolle seisoen afgesluit met sy kampioenskap die afgelope naweek by DTS in Olympia waar verskeie klubs se spanne in verskillende ouderdomsgroepe meegeding het.
Die semifinale is Vrydagaand en Saterdagoggend beslis, waarna die eindstryde gehou was. Die Coastal Pirates het hulself onderskei deur in tien finale te speel – ’n eerste vir enige klub in Namibië.
Die Kamikazi-klub het in vyf finale hul merk gemaak, terwyl die PGKA Warriors by vier en die Badgers in een betrokke was. Die Seerowers het sewe van hul finale ingepalm en was beslis in ’n klas van hul eie.
Brian Sobel, afrigter van Pirates, sê: “Die kompetisie was vanjaar straf, heelwat meer as in die verlede. Elke wedstryd was ’n naelbyter met spanne wat hul beste vertonings gelewer het. Die ruimte vir foute het die afgelope paar jaar al kleiner en kleiner geword.
“Die werk wat die onderskeie klubs insit en al die ure van ontwikkelingsprogramme is besig om vrugte af te werp. Die topspelers in elke ouderdomsgroep is kinders wat deur die ontwikkelingsprogram en -spanne gebrei is.
“Hoewel Pirates ons deel ingepalm het, was dit nie maklik nie. Die kompeterende spanne word al beter en die gehalte van die spel verhoog. Hoe vinniger die sportkode in Namibië kan groei, hoe gouer kan ons ’n internasionale krag word.
“Ek is regtig trots op al die klubs. Maak nie saak of hulle gewen of verloor het nie. Die uitsluitlike doelwit is ontwikkeling en dis presies wat die naweek te sien was. Volgende jaar sal die kompetisie nog meer opwindend wees.”
Bernd Bajorat, NIIHA-president, sê: “Ek is ingenome en kan nie onthou wanneer laas finale so knap beslis was nie. Met die spelers se vaardighede op ’n hoogtepunt, het ek hoop vir Namibië by die Wêreldkampioenskap in Argentinië wat oor ’n week begin.
“Ek is tevrede met die ontwikkelingsproses en die rigting wat inlynhokkie ingeslaan het. Ons het die seisoen daadwerklik op ’n hoë noot afgesluit.”
Die uitslae en individuele uitblinkers:
O.8: Coastal Pirates (goud), Badgers (silwer), Scorpions (brons). Emmett Pajewski (toppuntemaker en beste ondersteunende speler), Dominik von Lieres (topdoelwagter).
O.10: Coastal Pirates (goud), Kamikaze (silwer), Badgers (brons). Rehuel Borstlap en Maritz Laubscher (topdoelskieters), Rehuel Borstlap (beste ondersteunende speler), Euan Roberts (topdoelwagter).
O.12: Coastal Pirates (goud), Kamikaze (silwer), Badgers (brons). Lourens Borstlap (toppuntemaker en beste ondersteunende speler), Dominique Bates (topdoelwagter).
O.14: Coastal Pirates (goud), Kamikaze (silwer), Badgers (brons). Theo Borstlap (topdoelskieter), Sean-Oliver Kirchner (beste ondersteunende speler), Lea Reiff (topdoelwagter).
O.16: PGKA Warriors (goud), Coastal Pirates (silwer), Badgers (brons). Theo Borstlap en Micca de Azevedo (toppuntemakers), Mati Laporte (beste ondersteunende speler), Thomas Kock (topdoelwagter).
O.18: Coastal Pirates (goud), PGKA Warriors (silwer), PGKA Warriors (brons). Valerik Hilbert (topdoelskieter), Mati Laporte (beste ondersteunende speler), Arian van der Plas (topdoelwagter).
Ope: Coastal Pirates (goud), PGKA Warriors (silwer), PGKA Warriors (brons). Keanan Simpson (toppuntemaker), Dave Hammond (beste ondersteunende speler), Arian van der Plas (topdoelwagter).
Senior vroue: Coastal Pirates (goud), Kamikaze (silwer), PGKA Warriors (brons). Leighzene Coetzee (topdoelskieter en beste ondersteunende speler), Jada Tati-Owoses (topdoelwagter).
Senior mans: PGKA Warriors (goud), Coastal Pirates (silwer), Kamikaze (brons). Dave Hammond (toppuntemaker en beste ondersteunende speler), Eric Baldwin (topdoelwagter).
Meester vroue: Kamikaze (goud), Coastal Pirates (silwer), Badgers (brons). Dominique Bates (topdoelskieter), Jada Tati-Owoses (beste ondersteunende speler), Stephanie Kirchner (topdoelwagter).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie