Armas en Paulus pure goud
Padwedlope
Die agtste weergawe van die QKR Navachab Gold-halfmarathon op Karibib is Saterdagoggend onderskeidelik deur Daniel Paulus en Alina Armas in die elite mans- en vroue-afdelings gewen.
Altesame 676 atlete uit elk van die 14 streke in die land het vir die 21.2 kilometer-hoofitem asook ’n 5 km-pretstap aangetree. Die totaal is heelwat meer as die 586 in 2019 toe dié padwedloop vir die laaste keer plaasgevind het.
Paulus van die Korrektiewe Dienste (NCS) is vanjaar uitstekend op dreef en het die byeenkomsrekord van 1 uur 3 minute 01 sekonde rakelings misgeloop. Hy het met 1:03:10 die eerste plek behaal, terwyl Armas (Namibiese weermag) haar goue medalje in 1:20:04 gewen het.
In die tweede plek was Rainhold Tomas (NCS) met 1:03:40, gevolg deur Paulus Simon (NCS) in 1:04:20.
Tomas het net sewe dae tevore ook die uitmergelende NamibRe Windhoek City Run se marathonwedloop oor 42 km gewen, terwyl Simon daardie dag vir die 10 km ingeskryf en gewen het.
By die elite vroue het Indileni Mweshamekange (Windhoek-atletiekklub) Saterdag met 1:22:00 die tweede posisie ingeneem, gevolg deur Victoria Kaliteka (Unam) in 1:24:06.
Drie van die gerekende presteerders het Namibië vanjaar by die Statebondspele in Birmingham, Engeland, verteenwoordig, naamlik Armas (sewende in die marathon, 2:33:30), Paulus (14de in die 5 000 meter, 13 minute 53.12 sekondes) en Tomas (13de in die marathon, 2:24:30).
Bethold Karumendu, hooforganiseerder van die Navachab-halfmarathon, sê: “Ek is baie tevrede met die opkoms en waardeer die ondersteuning van die atlete wat by die die wedloop betrokke was.
“Baie dankie aan ons hoofborg, QKR Navachab Gold, wat die byeenkoms moontlik gemaak het asook al die ander borge wat die kompetisie ondersteun het.
“Natuurlik was daar uitdagings met die tydhouding wat met die hand gedoen is. Ons sal hierop moet verbeter en iemand aanstel om die tye elektronies op te neem. Daar sal koste aan verbonde wees, maar ons moet in daardie rigting beweeg.”
Met die laaste kompetisie in 2019 het Tomas in 1:06:02 gewen met Simon tweede (1:06:04). Armas (1:18:01) was in 2019 tweede by die vroue.
FNB Karibib, Nammed, Karibib-dorpsraad en Coca-Cola het die byeenkoms bygestaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie