No Image Caption

Atlantis-span wen trofee

Sokker
Die sokkerspan Atlantis Gladiators van Walvisbaai het onlangs die jaarlikse vyf-aan-’n-kant sokkertoernooi vir spelers ouer as 45 jaar op die noordedorp Otavi gewen. Atlantis het afgereken met gedugte opposisie soos SKW, DTS, Ramblers, Otavi en SFC om onoorwonne te eindig en die beker vir die agtste jaar in te palm. Atlantis se span van 45-plus is (staande) Alex Kirov, Packs Erustus Kattukula, Rochas Luis, Osvaldo Dos Santos, Sandro de Gouveia en Balie Koci. Voor van links is Steven Damaseb, Bennie Kooitjie, Shaya Elvis Mwelasi, Edger Messi Clark en Gereth Amos. Atlantis se span vir die ouderdomskategorie 30-40 jaar het ook tot die eindstryd deurgedring waar hulle deur DTS geklop is. Die voorste doelskieter in hierdie ouderdomsklas was Atlantis se voormalige Brave Warriors-voorspeler Rudolf Bester. Spanne soos Otavi, Ramblers, SKW, SFC, DTS en ander het in dié klas meegeding.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer