Atletieksage: Sportagent skop vas
Atletiek
Ná die bom wat Maandagaand om die koppe van Christine Mboma en Beatrice Masilingi, hul afrigter Henk Botha en hul agent Bradley Agnew gebars het, het Newton Sports Agency (NSA) eindelik Woensdagoggend per e-pos op Republikein se navrae gereageer.
Dr. Kirsten van Heerden van die Newton Sports Agency in Suid-Afrika, het ’n ongetekende verklaring aan dié publikasie gestuur. Volgens die NSA staan hy by sy oorspronklike “amptelike verklaring” Maandagaand op sosiale media dat Masilingi en Mboma van Botha af aanbeweeg na ’n nuwe afrigter.
Die NSA hou voet by stuk dat hulle en Agnew steeds die duo verteenwoordig en dat beide atlete by Hennie Kriel, die gesoute naelloopafrigter in Pretoria, aangesluit het.
Volgens Van Heerden se skrywe versprei Botha ongegronde en valse bewerings.
“Newton Agency staan by sy verklaring wat (Maandag) rakende Christine Mboma en Beatrice Masilingi uitgereik is. Beide atlete het uit vrye wil besluit om van afrigter te verander deur by Hennie Kriel in Pretoria aan te sluit.
“Daar sal hulle deur ’n wêreldklas infrastruktuur en atlete omring word. Mnr. Kriel ondersteun ten volle die besluit van Mboma en Masilingi en sien uit daarna om saam met hulle te werk.
“Die atlete wil weereens vir Botha vir sy ondersteuning bedank en is dankbaar vir sy insette in hul loopbane tot dusver. Hulle verstaan dat die besluit vir sommige as ’n skok kan kom, maar wil die publiek en veral Namibiërs gerus stel. Beide bly daartoe verbind om vir hul land na die beste van hul vermoë mee te ding en Namibië trots te maak. Soos altyd is die atlete dankbaar vir die ondersteuning en aanmoediging wat hulle ontvang het.
“Newton Agency betreur die ongegronde en valse bewerings wat mnr. Botha in die media maak oor die atlete se besluit om hul loopbane onder ’n nuwe afrigter te bevorder. Newton Agency is daartoe verbind om aan al ons atlete ’n wêreldklas diens te verskaf.
“Ons bly daartoe verbind om sake te doen volgens die hoogste etiese en professionele standaarde soos ons die afgelope elf jaar gedoen het.”
“Eerstens kan ek bevestig dat die verklarings wat uitgereik is van Newton Agency is. Ons onderteken gewoonlik nie persverklarings nie. Ons atleet-ooreenkomste is ook vertroulik en nie beskikbaar nie,” sê die NSA-verklaring.
Botha het hierop uit Mauritius, waar hy die Afrika-kampioenskap bywoon, laat weet: “Wanneer ek terug in Namibië is, sal ek en Christine ’n mediakonferensie hou om haar en my kant van die saak te stel. ’n Oor-en-weer gekibbel help nou niks nie.”
Intussen het dit aan die lig gekom dat Clarence Munyai, die Suid-Afrikaanse 200 meterrekordhouer, Kriel verlaat het. Die koerant kon nie uitvind wat die redes vir sy vertrek by Kriel was nie, maar volgens bronne is alles nie pluis in die Kriel-kamp nie.
Munyai is tans by Paul Gorries, die naelloopafrigter, waar hy floreer.
The Namibian Sun het gister berig die Suid-Afrikaanse verspringatleet en rekordhouer, Luvo Manyonga, het die NSA laasjaar weens ongerymdhede verlaat. Hy is die silwermedaljewenner by die 2016 Olimpiese Spele en het goud in by die 2017 wêreldkampioenskap in London én die 2018 Statebondspele in Australië opgeraap.
Manyonga het die NSA op Twitter van finansiële ongerymdhede beskuldig. Hy het geskryf: “Ek wil al my geld hê; dit sluit borgskappe, beursgeld en al my verdienste in. Hoeveel sportsterre het julle dit al aangedoen?”
Die NSA het egter in ’n verklaring aan News24 sy beskuldigings ontken.
Andy Brown het in sy berig op www.sportsintegrityinitiative.com geskryf wat Manyonga sê: “Ek wag steeds op my volle finansiële vergoeding soos maande gelede versoek... Ek ruik ’n rot... Hoekom kan jou maatskappy my nie van my die versoekte dokumentasie/inligting verskaf nie @NEWTONAGENCY @LeeRoyNewton. Aanspreeklikheid en verantwoordelikheid asseblief.”
Volgens The Sun wou Agnew selfs vir MTC hof toe sleep oor sy borgskap aan Masilingi en Mboma. Die hofaksie het egter nie gebeur nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie