• Tuisblad
  • Sport
  • Aussie-staat Victoria onttrek as gasheer vir 2026-Spele
Birmingham het die Statebondspele in 2022 aangebied. Foto Getty Images
Birmingham het die Statebondspele in 2022 aangebied. Foto Getty Images

Aussie-staat Victoria onttrek as gasheer vir 2026-Spele

Statebondspele
Die Australiese staat Victoria het hom weens die onverwagte hoë koste as die gasheer van die Statebondspele in 2026 onttrek.

Die toekoms van dié multi-sport-byeenkoms is ná dese in onsekerheid gedompel.

Daniel Andrews, premier van Victoria, sê die aanvanklike geraamde koste van A$2 miljard ($1,36 miljoen) om die Spele aan te bied sal heel waarskynlik eerder nagenoeg A$7 miljard wees.

“Dis eerlikwaar te veel,” sê hy.

“Ek het voorheen verskeie moeilike besluite in hierdie pos geneem. Dít is nie een van hulle nie. Kom ek stel dit prontuit, $7 miljard vir ’n sportbyeenkoms – ons gaan nie dit doen nie.

“Ek sal nie skole en hospitale geld ontneem om ’n byeenkoms aan te bied waarvoor daar verlede jaar begroot is en nou drie keer die geraamde bedrag sal kos nie.

“Victoria sal nie die Spele in 2026 aanbied nie. Ons het die Statebondspele in kennis gestel van ons besluit om ons kontrak nietig te probeer verklaar.”

Die sportskouspel sou in verskeie gebiede in die staat aangebied word, onder meer Geelong, Ballarat en Bendigo, elk met sy eie atletedorp.

Die hoop was vir ’n nalatenskap vir plaaslike sport, met nuwe fasiliteite wat in die gasheergebiede gebou sou word.

Victoria was die enigste moontlike gasheer wat vir die byeenkoms gebie het; dus is die lot van die Spele in 2026 nou onseker.

Die Spele lok gewoonlik meer as 4 000 atlete van die 54 lande in die Statebond, feitlik almal vorige kolonies van die Britse ryk.

Die vorige Statebondspele is in 2022 in Birmingham, Engeland, aangebied.

KYK: www.youtube.com/embed/RxlM84_DnhY

– AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!