BA op koers ná eerste sege
Sokker
In die Debmarine Namibië Premierliga is spanne stadig maar seker besig om hulself te klassifiseer.
Die sokkerspan Black Africa het Saterdagmiddag sy eerste oorwinning van die 2022-2023 Debmarine Namibië Premierliga-seisoen in sy Katutura-derby teen Orlando Pirates by die Unam-stadion aangeteken.
Die Lively Lions het die enigste doel van die ontmoeting aangeteken om Pirates met 1-0 te klop voor ’n goed ondersteunende skare vir beide klubs wat oor jare as aartsvyande ontwikkel het.
Dit is BA se eerste oorwinning in sewe wedstryde en besorg hulle drie waardevolle ligapunte. Black Africa bly egter in die 15de posisie op die puntelys met vyf ligapunte, met ’n doelverskil van minus vyf. Hulle het sover vier doele aangeteken, met nege teen hulle.
Young African sal in die 14de plek bly met vyf ligapunte ná sewe wedstryde, een oorwinning, twee gelykopuitslae en vier nederlae met ’n negatiewe doelverskil van vier doele.
Pirates is in die agtste posisie met tien ligapunte (sewe wedstryde, twee oorwinnings, vier gelykop, een verloor, sewe doele vir, vier doele teen en ’n doelverskil van plus-drie).
Daryl Goagoseb van Black Africa het Pirates se verdediging met 14 minute op die stophorlosie in die eerste helfte uitoorlê vir sy solo-doel wat uiteindelik die uitslag in sy span se guns beklink het.
Ná Goagoseb se treffer het dié lang lenige speler sy talent gewys deur ook verskeie belowende geleenthede vir medespelers te skep, terwyl hy ook reddingswerk op die verdediging uitgevoer het. Sy posisionele spel was deurentyd bo verdenking en het hy het talle lugballe en verskeie doelkanse teen sy span gered.
Soos gewoonlik was die ontmoeting ’n wedstryd van vele verlore kanse aan beide kante met wilde en doellose skoppe na die doelkas. Ter verdediging van beide kante moet hulle gekomplimenteer vir hul verdedigingsvermoëns.
STARS NUWE VOORLOPER
Saterdagmiddag op Okahandja het African Stars vir Eleven Arrows met twee doele teen een oorskadu.
Twee ervare spelers op dié vlak, Edmund Kambanda en die Brave Warriors-staatmaker Willy Stephanus, het Stars se sege-tog by die Nau-Aib-stadion verseker.
Dit is Starlile se vyfde oorwinning van die seisoen uit ses wedstryde, met een gelykopuitslag, wat hulle nou die eerste plek op die puntelys verseker met 16 ligapunte. Hulle het elf doele aangeteken met slegs drie en gevolglik is hul positiewe doelverskil van plus-agt die beste in die kompetisie.
Die uitslag was voldoende vir African Stars om Life Fighters (15 punte) as voorloper uit die kussings te lig, nadat laasgenoemde span van Otjiwarongo ’n afnaweek gehad het. Life Fighters het vyf uit sewe gewen, met tien doele teen ses.
Arrows van Walvisbaai in die elfde plek op die punteleer met sewe ligapunte ná sewe wedstryde, het hul tweede nederlaag van die kompetisie gely. Hulle het in vier wedstryde gelykop gespeel met slegs een oorwinning sover.
Om in die middel van die puntelys te wees, is vir spann ’n relatief veilige plek bo die relegasie-sone, maar Arrows het sover netsewe doele aangeteken met nege teen hulle (doelverskil minus twee).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie