• Tuisblad
  • Sport
  • Baanbrekerswerk met eerste Orange River Trails gedoen

Baanbrekerswerk met eerste Orange River Trails gedoen

Veldwedlope
Die inskrywings het die organiseerders se stoutste verwagtinge oortref.
Tielman Van Lill
Die eerste Namdeb Orange River Trails-veldwedloop is Saterdag naby Oranjemund deur Namibian Adventure Organizers aangebied.

Groot opgewondenheid het onder die ongeveer 161 atlete van alle ouderdomme geheers wat vir die geskiedkundige byeenkoms ingeskryf het. Die Oranjemund-ervaring was beslis hoog op die deelnemers van regoor Namibië en Suid-Afrika se agenda.

Die ywerige drawwers kon 10 of 21 kilometer aanpak, terwyl stappers teen hul eie pas die 5 km-roete kon voltooi. Bergfiets-entoesiaste kon kies tussen 30 en 60 km. Die byeenkoms het in die dorp begin met roetes wat teen die rivier en terug na die dorp met sy unieke fauna en flora gekronkel het.

Die N$4 750 wat die inskrywings vir die 5 km pretdraf en stap opgelewer het, sal aan die Kankervereniging van Namibië geskenk word. Lede van die gemeenskap het as vrywilligers stalletjies beman.

Hugo Hamman en Paul Blaauw is gesoute Oranjemunders wat gereeld die paadjies langs die Oranjerivier en dié se omtes aandurf. Dis danksy Hamman en Blaauw se entoesiasme dat atlete die magiese woestynlandskap van Namibië op ’n unieke wyse kon ervaar.

Christine de Klerk en Sugnet Smit van Namibian Adventure Organizers het die byeenkoms gereël en is deur OMDis as bronsborg ondersteun. Barloworld Namibia het die prysgeld van die gewilde 21 km geborg.

Waterpunte is beman en geborg deur Cymot, Universal Renovations & Maintenance, Geckoprime Technologies, Spar, Coca-Cola en West Coast Hardware.

Hamman sê: “Die aantal inskrywings het ons stoutste verwagting oortref. Namdeb is volgende jaar weer as hoofborg aan boord. Dié is maar net die begin; die kompetisie gaan ’n jaarlikse instelling word.”

Die voorste uitslae:

5 km: 1 Heikky Amwele (29 minute); 2 Lukas Hamukwaya (29:05), 3 Francois Maritz (32).

10 km juniors (onder 18): 1 Elia Ru (53).

10 km senior mans: 1 Bernadinus Kambwae (49); 2 Abel Namdjiwa (1 uur 3 minute), 3 Hofni Negonga (1:04).

10 km senior vroue: 1 Danielle van Zyl (1:12), 2 Maria Sheefeni (1:22).

10 km veteraanmans: 1 Silas Naholo (56), 2 Stanly Karuhumba (56:04), 3 Johannes Ndashaala (58).

10 km veteraanvroue: 1 Izelle Cloete (1:13), 2 Cindi-Lee Kisting (1:14).

10 km subveteraanmans: 1 Amon Vatileni (1:09), 2 Petu Sheefeni (1:22), 3 Retho Iilonga (1:25).

10 km meestersmans: Grant Morrison (1:40).

10 km meestersvroue: 1 Johlette Scholtz (1:43).

10 km grootmeestervroue: 1 Sue Cooper (1:13).

BARLOWORLD CHALLENGE (21 km draf)

Juniors (onder 18): 1 Carlos Ashipala (1:04).

Senior mans: 1 Nashimane Shigwedha (47), 2 Cohen Hayes (47:05), 3 Wiehan Kohler (1:54).

Senior vroue: 1 Leena Ekandjo (55), 2 Pamela Vurayai (59), 3 Landi Kohler (1:23).

Subveteraan mans: 1 Showan Wurms (1:01), 2 Lionel Plaatjies (1:39).

Veteraanmans: Pankratius Kondjomba (1:16), 2 Etienne Raymond (1:40), 3 Abner Nilonga (1:44).

Veteraanvroue: 1 Tusnelda Naukala (1:54).

Meestersmans: 1 Roelf Diergaardt (1:00), 2 Hugo Hamman (1:39:05), 3 Daniel Fleermuys (1:55).

BERGFIETSRY (30 km)

Senior mans: 1 Leonard Henghal (1:28), 2 Ivan Smirtdolf (2:06), 3 Vevangaune Mbuende (2:32).

Senior vroue: 1 Letty Nguumono (1:56), 2 Christina Keyser (2:10).

Veteraanmans: 1 Dewald van Jaarsveld (1:18).

Subveteraanmans: 1 Jeremy Bezuidenhout (1:47).

Subveteraanvroue: 1 Ledine Becker (1:38).

Meestersmans: 1 Paul Maggot (1:18).

Grootmeestermans: 1 Carel Wiggot (1:47).

BERGFIETSRY (60 km)

Senior mans: 1 Gino Wilson (2:18).

Veteraan mans: 1 Flippy de Klerk (1:45).

Subveteraan mans: 1 Paul Blaauw (1:38), 2 Warren Oliver (1:55).

Meestersmans: 1 Gert Muller (1:45).

Grootmeestermans: 1 Sydney Theron (2:02).

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!