Baard, Louwrens, Lungameni en Klazinga goed op peil
Krieket
CCD Tigers se verrassende oorwinning teen WHS Old Boys laas naweek het gewys dat die twee voorlopers in Krieket Namibië in 50-boulbeurtpremierliga hom nie gering kan skat nie.
Stephen Baard van CCD Tigers het Sondag met ’n stewige honderdtal sy ervaring gewys en vir Old Boys hul eerste nederlaag van die seisoen toegedien.
Danksy Baard se 146 lopies van 124 balle (13 viere, vier sesse) by die Wanderersveld kon die oranje truie op 279 vir agt eindig. Sy voorste bystand het van sy klubkaptein Nicol Loftie-Eaton (47 van 50 balle, 4x4) gekom, asook die 33 ekstras (28 wydlopers).
WHS Old Boys, wat heelwat van hul jong talent aan die o.19 Wêreldbeker-span in Suid-Afrika afgestaan het, was ook sonder Gerhard Erasmus, wat tans by die Gulf Giants in die professionele T20-liga van die Emirate gekontrakteer is.
Tangeni Lungameni (3/39 in 10 boulbeurte) en Adriaan Coetzee (3/82 in 10) het vir Old Boys paaltjies geneem.
In die ligbloues se kolfbeurt het die aanvangspaar Zane Green (43 van 52 balle) en Malan Kruger (32 van 42 balle) hul nasionale ondervinding gewys, maar ná hul vertrek het niemand anders dubbelsyfers gehaal nie en Old Boys was op 149 almal uit, vir ’n nederlaag met 130 lopies.
• Old Boys en Samsung Imperial Wanderers pak mekaar môre by Wanderers, voordat CCD Tigers en Trustco United Sondag by dieselfde venue op die veld stap.
PREMIERLIGA, TOPVYF KOLWERS
1 Stephen Baard, CCD Tigers (1 kolfbeurt) 146 lopies, 13x4, 4x6.
2 Lo-han Louwrens, Wanderers (1), 107, 11x4, 2x6.
3 JC Balt, Wanderers (1) 88, 8x4, 4x6.
4 Handré Klazinga, United (2) 83, 10x4, 1x6.
5 Niko Davin, Wanderers (1) 63, 5x4, 3x6.
PREMIERLIGA, TOFVYF BOULERS
1 Tangeni Lungameni, WHS Old Boys (2) 5 paaltjies vir 56 lopies in 17 boulbeurte.
2 Handré Klazinga, United (2) 5/84 in 20.
3 Bernard Ascholtz, Wanderers (1) 3/12 in 6.
4 Nicol Loftie-Eaton, CCD Tigers (1) 3/17 in 6.
5 Ben Shikongo, CCD Tigers (1) 3/23 in 7.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie