Baie op die spel in Eagles-toer
Krieket
Uiters noodsaaklike ligapunte is op die spel met die hervatting van die immer mededingende Wêreldkrieketliga 2.
David Wiese se debuut vir Namibië in die eendagkrieketformaat sal wêreldwyd die meeste aandag ontlok tydens die Namibiese Eagles se toer na die Verenigde Arabiese Emirate. Gerhard Erasmus keer terug as die nasionale kaptein ná sy herstel van die vingeroperasie wat hy ná die T20 Wêreldbeker verlede jaar in die einste Emirate opgedoen het. By laasgenoemde toernooi het Wiese ’n reuseverskil met sy veelsydige vertonings en vorige ondervinding as ’n Protea en reisende T20-beroepspeler gemaak. Erasmus en sy manne vertrek môre na die Emirate waar hulle in ’n driehoekige minitoernooi van die Internasionale Krieketraad (ICC) se Wêreldkrieketliga 2-reeks (2019-2023) sal speel. Die Namibiërs sal in vyf internasionale eendagwedstryde (50 boulbeurte) in aksie wees – twee keer teen die gasheerspan en drie keer teen Oman. Namibië durf reeds Sondag vir Oman in Dubai by die ICC-ovaal aan. Dieselfde drie spanne sou laas November in Windhoek ook in ’n minitoernooi slaags geraak het. Die Eagles en Oman het elkeen in een wedstryd by Wanderers teen mekaar die oorhand gekry en die Emirate was ook hier, maar die toernooi is voortydig stopgesit en die twee toerspanne moes inderhaas huiswaarts keer toe die Omicron-variant van die coronavirus die Emiratiese regering genoop het om sy landsgrense te sluit. Die nasionale afrigter Pierre de Bruyn het benadruk dat die toernooi vir die Eagles en vir Namibiese krieket baie belangrik is om ligapunte by te voeg en uiteindelik hul internasionale eendagstatus te behou, omdat dié status ook vir finansiële implikasies inhou. De Bruyn sê: “Die speeltoestande by die ICC-ovaal in Dubai en in Sjarjah kan nogal vol truuks wees, maar ons het tevore by hierdie venues tydens verlede jaar se T20 Wêreldbeker gespeel.”
NUWE HULPAFRIGTER ’n Nuwe toevoegsel tot die Eagles se afrigtingspan, is die oud-Protea Justin Kemp, wat vir De Bruyn as konsultant sal bystaan nadat Albie Morkel ná die Wêreldbeker bedank het. Die 44-jarige Kemp het van 2001 tot 2007 in alle formate vir Suid-Afrika as veelsydige speler en mokerman diens gedoen, insluitend die 2007 Wêreldbeker in Australië. Hy het ook franchises soos die Cape Cobras, die Titans en Chennai Super Kings verteenwoordig. Wat die spankeuse vir die toer betref, is die insluiting van Tangeni Lungameni in die plek van Ben Shikongo opvallend. Ná die Eagles se bykans unieke eienskap dat hulle in die Wêreldbeker met vier linkerarm naatboulers gespeel het (JJ Smit, Ruben Trumpelmann, Michael van Lingen en Jan Frylinck), beskik hulle nou oor ’n vyfde spesialis van dié aard. Die Eagles-spelersgroep is: Gerhard Erasmus (kaptein), JJ Smit (onderkaptein), Jan Frylinck, Karl Birkenstock, Tangeni Lungameni, Bernard Scholtz, Nicol Loftie-Eaton, Craig Williams, Michael van Lingen, Stephen Baard, Ruben Trumpelmann, Zane Green (paaltjiewagter), David Wiese, Pikky Ya France. Die bestuurspan is Pierre de Bruyn (hoofafrigter), Justin Kemp (hulpafrigter), Riaan Minnie (tegniese ontleder) en Kara Scheepers (fisioterapeut). Namibië se volledige wedstrydskedule (begintye in Namibiese tyd): 6 Maart: teen Oman by ICC-ovaal in Dubai, 07:30 8 Maart: teen Emirate by ICC-ovaal in Dubai, 07:30 11 Maart: teen Oman in Sharjah, 07:30 12 Maart: teen Emirate in Sharjah, 07:30 14 Maart: teen Oman by Dubai Internasionale Stadion, 07:30 • Die sewe lande wat in die CWCL2 meeding, is op die huidige puntestand soos volg geplaas: 1 Oman 30 punte (14 gewen uit 23 wedstryde) 2 Skotland 16 punte (7 gewen uit 12) 3 VSA 14 punte (7 gewen uit 16) 4 VAE 10 punte (vyf gewen uit 10) 5 Namibië 9 punte (vyf gewen uit 9) 6 Nepal 8 punte (vier gewen uit 8) 7 Papoea-Nieu-Guinee 0 punte (12 wedstryde).
BORGE STAAN BY SPAN Krieket Namibië het gister borgskappe van DiagnoLab en Living Waters-apteek in Windhoek ontvang. DiagnoLab het aangekondig dat hy vir die volgende twee jaar die Eagles-spelers se Covid-toetse voor al hul reise vir buitelandse deelname sal uitvoer, terwyl die Living Waters-apteek by die Rooms-Katolieke hospitaal vir een jaar die nasionale manspan se medikasie en byprodukte sal verskaf. Die apteek het ook eerstehulpkissies geborg. Johan Muller, uitvoerende hoofbeampte van Krieket Namibië, sê: “Ons is bevoorreg en baie gelukkig om ’n farmaseutiese maatskappy aan boord te hê. Dis beslis seldsaam en ’n eerste dat ’n sportspan met ’n apteek verbind word. “Aanvullings, verbande en pleisters is deel van krieket, dus is dit geensins vreemd om ’n apteek as borg te hê nie. Noudat die Eagles Donderdag na Dubai vertrek, is dit die ideale geleentheid om die span op peil te hou. Ons waardeer dat Living Waters na ons spelers gaan omsien.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie