By gister se oorhandiging staan die NSSR se voorsitter Ainsley Daniels; die minister van sport, jeug en nasionale diens me. Agnes Tjongarero; Standard Bank se uitvoerende hoof me. Mercia Geises en die Namibië Skolesportunie (NSSU) se nasionale koördineerder, Solly Duiker. Foto Brian Munango
By gister se oorhandiging staan die NSSR se voorsitter Ainsley Daniels; die minister van sport, jeug en nasionale diens me. Agnes Tjongarero; Standard Bank se uitvoerende hoof me. Mercia Geises en die Namibië Skolesportunie (NSSU) se nasionale koördineerder, Solly Duiker. Foto Brian Munango

Bank spring in vir 2022-ligas

Skolerugby
Brian Munango
Standard Bank Namibië het toegetree om die vooruitsigte van hoërskolerugby in Namibië op ’n gesonde voet te hou, met gister se aankondiging van sy borgskap aan die Namibiese Sekondêre Skolerugbyvereniging (NSSR) vir die ligas wat reeds komende Saterdag afskop.

Standard Bank het bevestig dat hy vir die drie opeenvolgende kalenderjare vanaf 2022 ’n stewige N$650 000 per seisoen in die rugbyligas belê – wat opnuut vanaf onder 14 tot die o.19 Superliga strek.

Met dié hervatting van ’n nuwe hoofstuk – ná afloop van die twee seisoene (2020 en 2021) wat weens Covid verlore gegaan het; asook die verstryking van die dekadelange borgskapkontrak van Momentum Namibië (en tevore ook Metropolitan) – word verskeie aspekte vanjaar anders uitgevoer.

Vanweë die wysiging van die Namibiese skoolkalender begin en eindig die rugbyliga heelwat later as tevore, toe die eindstryde reeds in Augustus gespeel was. Wedstryde op Woensdae is deel van die skedule wat redelik druk ingeprop is ten einde die laaste ligawedstryde op 3 September te kan afhandel.

Die kwarteindstryde is vir 9 en 10 September geskeduleer, die halfeindstryd ’n week later en die eindstryde op 23 en 24 September.

Sodra die afwyking van die gebruiklike rugbyseisoen vanjaar afgehandel is, behoort sake in 2023 na normaal terug te keer.

Die afwesigheid van tradisionele kragte soos Tsumeb Gimnasium en Elnatan (Stampriet), grootliks weens finansiële en koste-aspekte, laat ’n leemte.

Agt skole het vanjaar vir die o.19 Superliga ingeskryf, wat opnuut beloof om warm kompetisie tussen Dr. Lemmer (Rehoboth), Moria (Outjo), Pro-Ed Akademie (Swakopmund), Samsung Windhoek Hoërskool, PSG Walvisbaai Privaat Hoërskool, KMC/ONE Construction Windhoek Afrikaanse Privaatskool (die titelhouer van 2018 en 2019) en Schoemans-groep Windhoek Gimnasium op te lewer.

Net een wedstryd word komende Saterdag in die o.19 Superliga gespeel, naamlik Dr. Lemmer teen WHS op Rehoboth (12:00).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!