Barty se uittrede ’n teken van die tye, meen kenners
Tennis
Die Australiese tennisster Ash Barty se uittrede is simptomaties van hoe die nuwe generasie spelers hul loopbane beskou en sport moet die uitdaging aanvaar om ’n gesonder omgewing te skep om toptalent te behou, sê kenners.
Die wêreld se voorste vrouespeler het Woensdag aangekondig sy roep tennis vaarwel toe. Barty (25) sê sy het al haar doelwitte in die sport bereik en is moeg vir die lewenstyl wat sy as beroepspeler moes beoefen.
Phil de Picciotto, hoof van die sportagentskap Octagon, sê Barty se besluit is ’n aanduiding van spelers se toenemende bewustheid van wat dit persoonlik verg om ’n elitesportloopbaan te handhaaf.
“Uitnemendheid in enigiets verg opoffering,” sê De Picciotto.
“Dit verg ’n uiters hoë vlak van toewyding vir enigiemand om uitstekende werk te lewer.
“Dis van kardinale belang vir alle belanghebbendes om die algehele omgewing van sportlui te verbeter. Dis die gemeenskaplike doelwit.
“Ek dink aan almal, want handelsname, insluitende menslike handelsname, soos sportlui, word oor die algemeen kosbaarder met die verloop van tyd.
“Dis in almal se belang dat sportlui so lank as moontlik op ’n hoë, gesonde vlak meeding. Dis in almal se belang om handelsname te kweek en sukses vol te hou. Dis baie moeiliker om keer op keer van voor af daaraan te begin bou.”
De Picciotto sê sportlui wat reeds baie geld op ’n jong ouderdom verdien het, moet na ander redes kyk om in sport betrokke te bly.
“Ek dink die meeste van hulle (redes) gaan oor menslike gesondheid en menslike genot en dit is regtig ’n goeie ding. Jy wil nie hê sportlui moet slegs meeding omdat hulle voel dit is die enigste manier waarop hulle ’n lewe kan maak nie.”
Ken Wong, ’n professor van bemarking aan die Queen’s-universiteit in Kingston, Ontario, meen Barty se besluit om uit te tree – soortgelyk aan Naomi Osaka se besluit verlede jaar om ter wille van haar geestesgesondheid ’n tydelike blaaskans van tennis te neem – is ’n duidelike aanduiding van ’n veranderde ingesteldheid onder spelers.
“Hier het ons twee vroue wat uitkom en sê: ‘Ek gee nie om wat die finansiële implikasies is nie.’ Kyk, as albei genoeg geld het om van te leef vir die res van hul dae, hoekom sou hul nie dink ‘hoekom het ek dit nodig?’ nie?”
Bob Dorfman, ’n sportbemarkingsontleder by Pinnacle Advertising in San Francisco, sê die pandemie het mense se prioriteite verander en elite-sportlui is geen uitsondering nie.
“Dis ’n uitmergelende proses. Dit is oefen, oefen, oefen, toernooie. Die fisieke aspek is uitmergelend, die geestelike aspek is ewe uitmergelend. Dis taai,” sê Dorfman.
“Vir sportlui om die kruin te bereik en dan te voel: ‘Wel, ek hoef nie dít te doen nie . . . Ek kan lewe van wat ek reeds verdien het,’ is daar waarskynlik baie meer introspeksie wat loopbaandoelwitte en -prestasies betref.
“Covid-19 het die afgelope twee jaar baie daarmee te doen. Mense herbesin oor wat hulle uit die lewe wil kry.
“Jy sien baie meer besorgdheid oor geestesgesondheid en gesonde emosies teenoor wen en sukses en om tot elke prys miljoene te verdien.”
– Reuters, Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie