Bathfield en Dippenaar heersers van die slagveld
Tydrenne
Redline Motorklub se Shell V-Power tydren was 'n goed geoliede en georganiseerde geleentheid wat toeskouers in oorvloed geniet het.
Loic Bathfield (veldrenuitdaagklas) en Wilro Dippenaar (tydrenklas) het laat Saterdagnamiddag die 2023 Windhoek Shell V-Power-tydren oor 108 kilometer en twaalf uitmergelende spesiale sneltrajekte (SS’e) gewen.
Die tydren in en om die hoofstad het Vrydagmiddag by die Tony Rust-renbaan aan die westelike buitewyke weggespring, waar Bathfield en Dippenaar die eerste supersneldeel onderskeidelik in 2 minute 28 sekondes en 2:17 gewen het.
Die duo het hul oorheersing in die laaste drie sneldele van die dag voortgesit. Dippenaar en sy navigator Carolyn Swan se S4 PZN Panelbeaters 4x4-Ford Fiesta R5 was te rats vir Zachary Martin (S2) en Wido Bartsch (S2), gevolg deur Dippies Dippenaar (S4), Pieter Greeff (S1) en Gertjie Truter (S4).
Dippenaar het Vrydagaand afgesluit met ’n voorsprong van ses minute bo Martin in die tweede plek. Hoewel Martin ’n besonder talentvolle renjaer is, het sy J&P Hydraulics 2-liter 2x4 VW Polo nie die vastrapvermoë of die krag gehad om die vlieënde Dippenaar te vang nie.
Bathfield het Vrydag net opgewarm om sy brullende 7-liter V8 African Gas Solutions 2x4 Century Racing CR6 in die CR1-klas vir die volgende dag se skofte onder die knie te kry.
Ewald Bisschoff (4.0L V8 2x4-Toyota Hilux), Rian Kritzinger (4L V8 2x4-Nissan Hardbody), Willie Schoeman (2x4-Toyota Hilux GD6) en Ekko Eisenberg (4L V8 2x4-JAC Double Cab) het hard probeer om met Bathfield se woelige pas tred te hou.
Bathfield het sy dag as voorloper afgesluit met 22 minute 30 sekondes, gevolg deur Kritzinger (24:07), Eisenberg (25:24), Bisschoff (26:38), Schoeman (27:02) en Werner Bartsch (27:39).
SATERDAG
Dippenaar het Saterdag ’n vaardige en foutlose vertoning gelewer om as oorwinnaar uit die stryd te tree in ’n totale tyd van 1 uur 18:21. Martin was tweede met 1:27:58, terwyl Wido Bartsch op 1:29:59 vir die derde plek ingeklok het.
Bathfield het Saterdag so ’n goeie dag in die CR6 se kajuit beleef dat hy selfs Dippenaar se wentyd oorskadu het. Dit is ’n uitsonderlike prestasie deur ’n bestuurder in die Uitdaagklas. Bathfield het ’n totale tyd van 1:14:39 geregistreer – 4 minute 18 sekondes vinniger as Dippenaar!
“Side-ways” Rian Kritzinger het tweede klaargemaak in 1:24:22, gevolg deur Eisenberg (1:28:50) in die derde plek.
Bathfield het met die 2023 M Z Motors Tara-tydren ernstig in die plaaslike kompetisies begin jaag en laas naweek was slegs sy vyfde kompetisie. Hy en navigator Johan Steyn het ’n uitsonderlike kombinasie geword om dop te hou.
Die broers Ewald en Hein Bisschoff se V8 Hilux het oorverhittingsprobleme gehad, terwyl Willie en SJ Schoeman ook nie ’n goeie ren gehad het nie. Hulle het onderskeidelik vyfde en sesde in die veldrenklas geëindig.
Ferdi Gerricke en Natasha Smith (S4) kon nie die tydren begin nie. Paul Ackermann en Walter Kinnear het goed gevaar in die CR1 2x4-Sand Master voordat ratkasprobleme in die eerste skof Saterdagoggend hulle uit die kompetisie gedwing het.
Die voorste uitslae (S1- tot S4-klasse)
Algeheel: 1 Wilro Dippenaar/Swan (1:18:21), 2 Zachary Martin/Anique Schoeman (1:27:58), 3 Wido Bartsch/Raymond Fourie (1:29:59).
S4-klas: 1 Wilro Dippenaar/Carolyn Swan, 2 Dippies Dippenaar/Myer Duraan (1:32:28), 3 Gertjie Truter/Louise Truter (1:44:44).
S2-klas: 1 Zachary Martin/Willie Schoeman, 2 Wido Bartsch/Raymond Fourie.
S1-klas: 1 Pieter Greeff/JP Robinson (1:33:43, algeheel vyfde).
Veldrenuitdaagklas
Algeheel en CR1-klas: 1 Loic Bathfield/Johan Steyn (1:14:39), 2 Rian Kritzinger/Ian Stander (1:24:22), 3 Ekko Eisenberg/Rassie Riets (1:28:50).
CR2-klas: 1 Werner Bartsch/Christel Fourie (1:34:08, algeheel vierde in die Uitdaagklas).
Die volgende en laaste kompetisie van die Namibiese nasionale tydrenkampioenskap word in November deur die Walvisbaai Motorklub oor twee dae in en om Swakopmund aangebied.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie