Beamptes knap kennis op

Boks
Vyf Namibiese boksskeidsregters woon vandeesweek ’n seminaar vir krytbeamptes by wat deur die Wêreldboksraad (WBC) en die Afrika-boksunie (ABU) by Victoria Falls in Zimbabwe aangebied is.

Fillemon Mweya, Timo Haikonda, Angel Simasiku, Moses Zauana en Lukas Simon is die vyf Namibiese beamptes wat die kursus bywoon wat Maandag begin het en Sondag ten einde loop.

Mweya sê: “Die waarde daarvan om konferensies van wêreldbeheerliggame by te woon, is dat jy die geleentheid kry om die beste beamptes ter wêreld te ontmoet en idees uit te ruil.

“Ons kry ook kans om op datum te bly met aanvullingskursusse. Mediese seminare word ook ingesluit sodat skeidsregters weet watter tekens om voor op die uitkyk te wees om ’n geveg betyds te stop voordat ’n bokser te veel straf verduur.

“Die manier waarop ons vandag gevegte hanteer, is anders as wat dit twintig jaar gelede was. Dis belangrik om op die hoogte van die verwikkelinge te bly en die manier waarop die wêreldbeheerliggame verwag ons die reëls moet toepas en die prosedures wat in verskillende scenario’s gevolg moet word.

“Ek het soveel geleer deur die bywoning van sulke seminare en het vriendskappe ontwikkel met van die topbeamptes in die wêreld, vir wie ek om advies kan nader.

“Hierdie organisasies sal nie sommer net die hantering van ’n wêreldtitelgeveg toeken aan enigiemand as hulle nie vertroue het dat die beampte bevoeg is en hul opleiding voltooi het nie,” sê Mweya.

“Dis hoekom ek my kollegas in Namibië aanmoedig om hul bes te doen om die konferensies gereël deur die wêreldbeheerliggame by te woon. My advies is dat dit ’n belegging in hulself is, al is dit die maklik of goedkoop nie, veral met die wisselkoerse.

“Ons is dit aan die boksers verskuldig om altyd op ons beste te wees.”

Meer as 70 beoordelaars en skeidsregters van Afrika-lande woon die ­seminaar by waar hulle in die toepassing van die WBC-reëls voorberei word.

Prominente en ervare figure in die WBC lei die agendapunte wat onder meer ook die gedragskode en die korrekte gebruik van boksers se handverbande bespreek. Gevalle van omstrede gevegte of rondes waarin beoordelaars vir hul puntetoekenning gekritiseer is, is ook vir hersiening gebruik.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!