Beginners leer in pare
Nalgu (Namibiese Amateur Vrouegholfunie) het Sondag ’n baie suksesvolle gemengde paretoernooi by Omeya gholfklub aangebied. Die strewe is om nuwe spelers aan gholf bloot te stel en elke paar kon dus een ervare speler met ’n “nie-gholfspeler” kombineer. Die wind het spel bemoeilik, maar dit was nietemin ’n genotvolle geleentheid. In die pare-afdeling waarin beide lede ervare spelers was, was die topdrie spanne: 1 Lydia & George Lumley (48 punte), 2 Brenda Lens & Johan Steyn (46), 3 Jannie & Vicky de Beer (45). In die kompetisie waarin elke paar een beginnerspeler ingesluit het, was die topdrie spanne: 1 Valencia & Dietrich Schrywer (44 punte), 2 Lyn Haasbroek & Douglas Holtzhausen (41), 3 Elni & Dmitri Renton (38). Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie