Bekende blondekop verleen glans op Swakopmund

Tennis
By die Hollard Swakopmund Ope was Connor van Schalkwyk se teenwoordigheid 'n onverwagse bonus.
Andrew Poolman
Connor van Schalkwyk se inskrywing en deelname was die grootste bonus waarop spelers en organiseerders van laas naweek se Hollard Swakopmund Ope-toernooi van die Namibiese Tennisvereniging kon hoop.

Die 18-jarige met die lang blonde hare se uiteindelike opmars na die mans enkelspeltitel was uiteraard maklik voorspelbaar.

Hy is immers ’n talent wat die Namibiese toneel reeds jare gelede ontgroei het en vanjaar met deelname aan die Junior Australiese Ope, Junior Wimbledon, Junior Franse Ope en Junior Amerikaanse Ope reeds sy eerste proe van die Grand Slam gesmaak het.

Van Schalkwyk, tans nr. 112 op die wêreldranglys en ’n student in die Amerikaanse staat Virginia, het op Swakopmund sy semifinaal teen Deon van Dyk met 6-0, 6-0 gewen en Sondagoggend die eindstryd teen Nguvi Hinda met 6-4, 6-0.

Hinda en Van Wyk was beide nie onder die agt gekeurde spelers uit die 32 inskrywings vir die mans enkelspeltoernooi nie.

Die tweede gekeurde Daniel Jauss het hom in die eerste ronde teen Zambië se Dickson Phiri vasgeloop (2-6, 6-2, 10-3). Phiri kon egter nie sy volgende wedstryd teen Michau Basson wen nie (6-4, 0-6, 10-5) en Basson is volgende deur Elias Shikongo, agtste gekeur, met 7-5, 2-6, 10-5 uitgeskakel.

Shikongo se vordering is in die semifinaal deur Hinda gestuit, met 6-0, 6-3.

VROUE

Die toernooi se vrouewenner was bykans ewe bekend, naamlik Sedi Jacobs, die 25-jarige gewese Federasiebekerspeler vir Namibië.

Nadat elf spelers vir die vroue se enkelspeltoernooi op Swakopmund ingeskryf het, het Jacobs as topgekeurde uiteindelik die titel beklink deur die eindstryd teen die ongekeurde Sharlene Chigariro van Kaapstad met 6-2, 6-0 te oorheers.

Chigariro het haar semifinaal teen die jong derde gekeurde Namibiër Joanivia Bezuidenhout van Okahandja met 6-3, 6-3 beklink, terwyl Jacobs haar plek in die eindstryd ingeneem het toe sy verby Elze Stears (nr. 4) met 6-0, 6-1 gevorder het.

DUBBELSPEL

Die tellings van die eindstryde:

Vroue: [1] Sedi Jacobs en Elze Stears klop [4] Raica Coelho en Linique Theron met 6-1, 6-1.

Mans: [1] Nguvi Hinda en Connor van Schalkwyk klop [6] SP van Wyk en Mickey Alemu met 6-2, 6-0.

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.87 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.34 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.64 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.49 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.16 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 660.15/OZ UP +0.07% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.009 | Zinc US$ 3 012.80/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 73.99/BBP DOWN -0.0163 | Platinum US$ 989.11/OZ UP +0.08% #N/A