Bekendes haal nie Warriors-toergroep
Sokker
'n Paar bewese staatmakers met ondervinding sal nie saam gaan toer nie.
Die Brave Warriors se afrigter Collin Benjamin se oefengroep van 28 sokkerspelers vir ’n nasionale oefenkamp in Ghana het gister ’n paar wenkbroue laat lig.
Die groep sal tot die finale 23 spelers gesnoei word wat die land by die Afrika Nasiebekertoernooi in Ivoorkus sal gaan verteenwoordig.
Willy Stephanus, voorste doelskieter in die huidige én vorige Debmarine Namibië Premierliga-seisoen, word steeds nie deur Benjamin nader geroep nie.
Stephanus se spanmaat by African Stars, die gewese nasionale kaptein en middelveldspeler Ronaldo Ketjijere, was volgens onlangse berigte in ’n stryd teen tyd gewikkel om volle fiksheid te herwin vanweë ’n enkelbesering. Ketjijere het egter verlede naweek klubsokker gespeel en die weglating van sy ondervinding het sokkerkykers verras.
Die voorspeler van Chippa United, Elmo Kambindu, se vorige blootstelling in en doele vir die Brave Warriors was ook nie genoeg om sy plek te verseker nie. Kambindu was wel lid van die voorlopige groep van 46 wat aan die Konfederasie van Afrika-sokker voorgelê was.
Uit die geledere van uitblinkers in die huidige NPL-seisoen het die weglating van Steven Damaseb en Sem Ndahangwapo (beide Blue Waters), Jonas Matheus en Simon Elago (beide FC Ongos), Devin Somseb (Tigers), Alfeus Leevi en Moses Shidolo (beide Chula Chula) ook vraagtekens by ondersteuners laat ontstaan.
Die groep is:
DOELWAGTERS: Lloydt Kazapua (Chippa United), Kamaijanda Ndisiro (African Stars), Edward Maova (AmaTuks).
VERDEDIGERS: Ananias Gebhardt (Baroka), Ryan Nyambe (Derby County), Riaan Hanamub (Amazulu), Erasmus Ikeinge (Khomas Nampol), Kennedy Amutenya (sonder klub), Denzil Haoseb (Khomas Nampol), Charles Hambira (African Stars), Aprocious Petrus (Liria Prizren), Ivan Kamberipa (Orapa United), Lubeni Haukongo (Cape Town Spurs)
MIDDELVELDSPELERS: Ngero Katua (Unam), Romeo Kasume (Matebele FC), Marcel Papama (Township Rollers), Petrus Shitembi (Kaching City), Prins Tjiueza (Liria Prizren), Uetuuru Kambato (African Stars).
VOORSPELERS: Wendell Rudath (Jwaneng Galaxy), Absalom Iimbondi (Khomas Nampol), Erastus Kulula (Blue Waters), Edmar Kamatuka (Unam), Peter Shalulile (Mamelodi Sundowns), Deon Hotto (Orlando Pirates), Joslin Kamatuka (Maritzburg United), Bethuel Muzeu (Black Leopards), Junior Petrus (Liria Prizren).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie