Die pa-en-seunkombinasie Grant Klein (links) en Derick in aksie tydens cverlede jaar se Nedbank Desert Dash. Foto verskaf
Die pa-en-seunkombinasie Grant Klein (links) en Derick in aksie tydens cverlede jaar se Nedbank Desert Dash. Foto verskaf

Belangrike dag vir Dash-aspirante

Bergfietsry
Inskrywings vir die Nedbank Desert Dash se eerste kategorie (vir solo-ryers, mans en vroue) open vanoggend om tienuur Namibiese tydf en word soos gebruik aanlyn op die byeenkoms se webblad gedoen.

Dit is bekend dat die stormloop van belangstellende bergfietsryers oor die wêreld heen tevore meegebring het dat die inskrywings letterlik binne sekondes uitverkoop het.

Spanne van twee (mans, vroue of gemeng) kan op Maandag 12 Junie vanaf 10:00 Namibiese tyd hul plekke bespreek.

Die inskrywings vir spanne van vier (mans, vroue of gemeng) open op Maandag 19 Junie – tesame met vanjaar se opwinde nuwe byvoeging, naamlik elektroniese bergfietse.

Die insluiting van “e-bikes” beteken dat die Desert Dash nou selfs meer toeganklik is vir ryers wat hierdie eens-in-’n-leeftyd ervaring deur die Namibwoestyn wil beleef.

Die “e-bikes” geld net vir ’n kategorie vir spanne van vier lede, sonder onderskeid of dit mans, vroue of beide bevat. Al vier lede moet op elektroniese fietse ry.

Vir vanjaar se eerste insluiting word ook net voorsiening gemaak vir 15 sulke spanne, wat ook nie vir prysgeld in aanmerking kom nie.

Meer inligting oor die reëls word op die webblad www.desertdashnamibia verskaf.

Medeborge van die Nedbank Desert Dash is Indongo Toyota, SuperSpar Maerua, SuperSpar The Grove, Hollard, Trek en Ciovita.

Kommentaar

Republikein 2025-02-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 18° | 22° Oshakati: 19° | 24° Ruacana: 19° | 22° Tsumeb: 19° | 25° Otjiwarongo: 18° | 28° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 30° Gobabis: 19° | 28° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:43, High tide: 03:43, Low Tide: 21:49, High tide: 15:55 Swakopmund: 17° | 18° Wind speed: 17km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:41, High tide: 03:41, Low Tide: 21:47, High tide: 15:53 Walvis Bay: 17° | 21° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:41, High tide: 03:40, Low Tide: 21:47, High tide: 15:52 Rehoboth: 20° | 32° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 26° | 36° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 24° | 36° Oranjemund: 16° | 26° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 28° Lubumbashi: 17° | 21° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 17° | 24° Lilongwe: 19° | 27° Maputo: 21° | 37° Windhoek: 19° | 30° Cape Town: 18° | 22° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 23° Harare: 17° | 23° #VALUE! #VALUE!