• Tuisblad
  • Sport
  • Belinda en Drikus haastigste by eerste Sundowner

Belinda en Drikus haastigste by eerste Sundowner

Bergfietsry
Tielman Van Lill
Die eerste kompetisie van die 2023 Hollard Gravel & Dirt Sundowner-tydtoetsreeks vir bergfietsryers is Woensdagmiddag by Heja Lodge oor 24 kilometer aangebied.

’n Stewige 93 bergfietsryers het aan die tweede seisoen van die gewilde Sundowner-reeks op Woensdae deelgeneem.

Drikus Coetzee het met dieselfde tyd as Ingram Cuff geëindig, maar die eerste plek is aan hom toegeken. Gerhard Mans was met 69 sekondes ’n rapsie stadiger in die derde posisie.

By die vroue was Belinda van Rhyn twee minute vinniger as Marissa Mouton (tweede), met Ulande Viljoen derde.

Die reeks bestaan uit agt byeenkomste. Ryers kan op die Woensdae enige tyd tussen 16:15 en 17:30 (op die laatste) opdaag en wegspring en hul tyd word gemeet.

Ryers moet aan minstens ses kompetisie deelneem om vir die toptrofee en prysgeld in aanmerking te kom. Indien deelnemers by al agt renne weggespring het, sal hul ses vinnigste tye volgens ’n puntestelsel in aanmerking kom om hul eindposisie in die reeks te bepaal.

Indien twee of meer ryers ná ses wedrenne met ’n gelyke aantal punte eindig, sal die volgende reëls van toepassing wees om die wenner vas te stel: 1 meeste wedrenne voltooi, 2 meeste aantal hoogste posisies, 3 beste posisie in die finale resies.

Die topdrie posisies ontvang ná elke resies medaljes.

Inskrywings is gratis, maar ’n transponder wat in die naam van die ryer geregistreer is, is verpligtend vir tydmeting. Deelnemers word nie toegelaat om met iemand anders se transponder te ry nie. Die oortreding word as ernstig genoeg beskou om uit die reeks gediskwalifiseer te word.

Fietsryers mag ook nie die roete by Heja Lodge op enige ander tyd ry of vir oefening gebruik, afgesien van gedurende die reeks byeenkomste nie.

Elektroniese fietse word ook toegelaat en ding in hul eie kategorie mee.

Die toptien tye van Woensdag se Sundowner-byeenkoms 1:

Vroue: 1 Belinda van Rhyn (55 minute 32 sekondes), 2 Marissa Mouton (57:34), 3 Ulande Viljoen (59:20), 4 Marsha Nel (1 uur 02:18), 5 Lindy van der Bosch (1:03:36), 6 Willa Bronner (1:04:49), 7 Tarien van Zyl (1:07:48), 8 Mandy Huysamen (1:09:50), 9 Ester Smith (1:13:41), 10 Petro Enright (1:14:43).

Mans: 1 Drikus Coetzee (43:05), 2 Ingram Cuff (43:05), 3 Gerhard Mans (44:14), 4 Petrus Human (44:26), 5 Simon Kaita (44:53), 6 Hardus Nel (45:41), 7 Marckernzy Eiseb (47:37), 8 Pierre Lambert (48:36), 9 Ruhan Gous (48:54), 10 Christiaan Nel (50:22).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!