Benita rek haar treë in Oostenryk

Triahlon
Tielman van Lill
Benita Kasch (nou Windisch) het die afgelope naweek die derde posisie (uit 48 deelnemers) in haar ouderdomsgroep (35-39 jaar) in ’n half-Ysterman triathlon in Oostenryk behaal.

Die Namibiër se prestasie by die Ironman 70.3 Zell Am See-Kaprun met ’n finale tyd van 5 uur 5 minute en 7 sekondes is geensins te versmaai nie. Sy was algeheel 30ste van die 367 vrouedeelnemers geplaas.

Die half-Ysterman bestaan uit 1.9 kilometer swem, 90 km fietsry en ’n halfmarathon in die drafskoene oor 21.1 km. Sy het die drie dissiplines onderskeidelik in 30 minute 55 s, 2:50:26 en 1:36:02 afgehandel.

Windisch het aan Republikein gesê: “Die Zell am See se omgewing is baie mooi en skilderagtig. Die fietsroete lei oor die Hochkönig-pas in die Berchtesgaden Alpe met 600 vertikale klimmeters oor 12 km. Die drafroete van twee rondtes was langs die pragtige Zell-meer.

“Dit het die grootste deel van die dag gereën. Nietemin was dit vir my ’n wonderlike ervaring. Ek het eers ná die eindstreep besef dat ek derde in my ouderdomsgroep geplaas was!”

Stephanie Wunderle van Duitsland was eerste in 4:48:11 (31:17, 2:38:35, 1:30:21) en Deborah Schouten van Nederland tweede met 5:04:44 (36:39, 2:45:20, 1:35:57).

VON BACHDAM

Die D2 Traing Squad-akademie bied vir die eerste keer op Sondag 18 September ’n triathlon by die Von Bachdam suidoos van Okahandja aan. Die byeenkoms bestaan uit ’n Super Sprint- en Sprintafdeling waar pryse net deur o.15-atlete opgeraap kan word.

Die effens makker Super Sprint daag atlete met ’n 400 m swem, 10 km fietsry en 2.5 km hardloop uit. Die Sprint se drie dissiplines gee meer gesoute atlete 750 m, 20 km en 5 km om hulself te bewys.

Spanne kan vir die Super Sprint en Sprint inskryf, terwyl daar volgens ouderdomme ook ’n verdeling vir die ope- of meestersafdeling (50 en ouer) is.

Die inskrywingsgeld beloop soos volg: Super Sprint – N$180 per persoon. Super Sprint-spanne – N$160 per spanlid. Sprint – N$220 per persoon. Sprint-spanne – N$200 per spanlid.

T-hemde word oorhandig vir inskrywings wat voor 5 September ontvang word. Op die Saterdag voor die kompetisie kan atlete die swemroete ervaar.

Die laaste paar byeenkomste vir die 2022-triathlonseisoen:

30 Oktober, OTB Oanobdam-veldtriathlon.

12 November, Hardapdam-duathlon.

4 Desember, OTB Sandman Swakopmund-triathlon.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!