Benjamin, Mwatile lei o.19’s in WB-rigting
Vrouekrieket
Namibië se meisiekrieketspan het ’n realistiese kans om teen die verwagtinge vir die geskiedkundige eerste T20 Wêreldbeker vir o.19-vroue te kwalifiseer wat in Januarie volgende jaar in Benoni en Potchefstroom aangebied word.
Namibië het tweede in groep B geëindig en sal Saterdag in Gaborone, Botswana, in een semifinaal kragte meet teen die wenner van groep A, wat nog bepaal moet word.
Die Namibiërs (151 vir vyf in 20 boulbeurte) het gister in hul laaste T20-groepwedstryd teen Sierra Leone (96/8 in 20) by die kontinentale uitduntoernooi met 55 lopies geseëvier.
Namibië kon nie op sy lopietempo van 8.27 in die eerste 11 boulbeurte (91/2) in die laaste 9 voortbou nie en teken van daar net 60 lopies teen 6.66 aan.
Mekelaye Mwatile se 41 lopies tesame met die 30 van Engela van der Merwe en 21 van Edelle van Zyl het die grondslag vir ’n sege gelê.
Namibië se aanvangsbouler Naomi Benjamin (4 paaltjies) het uit die staanspoor by Sierra Leone se kolwers gespook en ná 7.4 bb was hulle wankelrig op 40/5.
Die veldwerk was ongelukkig deurspek met onbeholpenheid en ’n paar onnodige oorgooilopies. Hul 25 ekstras sluit 4 foutballe en 10 wydlopers in.
Namibië se lopiemakers:
1 Mekelaye Mwatile (41 van 31 balle, 4x4, 1x6)
2 Engela van der Merwe (30 van 24 b, 4x4)
3 Edelle van Zyl (21 van 27 b, 1x4)
4 Mezerly Gorases (18* van 17 b, 2x4)
5 Kaylee van Wyk (0 van 2 b)
6 Jorinda Fourie (18* van 15 b, 3x4)
7 Maria Nguali (2 van 5 b).
Ekstras 21 (1 foutbal, 17 wydlopers, 1 loslopie, 2 bylopies).
Christiana Fofanah (3/21 in 3 bb) het vir Sierra Leone die beste geboul.
In Sierra Leone se kolfbeurt het Naomi Benjamin (4/13 in 4), Mwatile (1/23 in 4), Jorinda Fourie (1/13 in 4) en Van Zyl (1/7 in 2) die paaltjies gedeel.
Die lande wat sake vir die enkele beskikbare WB-plek uitspook, is (groep A) Malawi, Mosambiek, Nigerië, Rwanda en Tanzanië, asook (groep B) Botswana, Namibië, Sierra Leone en Uganda.
RUIMTE VIR BETER
Afrigter Francois van der Merwe het gister aan Republikein gesê: “In ons eerste wedstryd teen Uganda het ons te stadig begin en 85 lopies was toe hopeloos te min om te verdedig. Namibië het nie met die bal óf die kolf druk uitgeoefen nie. Dit was nie ’n goeie dag vir ons nie.
“Voor die kragmeting teen Botswana het ons ’n spanpraatjie gehou en die meisies het besluit dis nou of nooit, anders is hulle uit die toernooi. Die spelers het vreesloos gespeel en dis wat ons in die nasionale seniorspan ook wil hê.
“Die 83-vennootskap tussen Mekelaye en Engela het ’n goeie grondslag vir ’n groot totaal (151) gelê. Die meisies het met groot selfvetroue gespeel en Botswana ingeperk, maar ons kry steeds nie spanne uitgeboul nie. Solank ons teenstanders net nie die wenteiken haal nie, is dit gelukkig nie ’n treinongeluk nie.
“Van Sierra Leone se boulers het die bal gegooi, eerder as om te boul. Hulle word wel deur die skeidsregters aangespreek, maar word nog steeds toegelaat om te gooi. In so ’n situasie is dit maklik om beheer te verloor as net drie van hul boulers aanhou daarmee.
“Ons sukkel nog om die regte kombinasie tussen die boulers te bewerkstellig en ek het dit teen Sierra Leone weer gesien. Jy moet op vyf boulers kan staatmaak wat jou 20 boulbeurte kan afstuur en ons sukkel met die ekstras wat afgestaan word.
“Maar ons planne kom bymekaar en die spelers is op ’n goeie plek. Ons speel vir een doel en dis om die semifinaal te wen en daarna vir die Wêreldbeker te kwalifiseer.”
• Vyftien lande het reeds vir die o.19-vroue T20-WB gekwalifiseer, naamlik Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Ierland, Indonesië, Nieu-Seeland, Pakistan, Skotland, Suid-Afrika, Sri Lanka, Verenigde Arabiese Emirate, VSA, Wes-Indië en Zimbabwe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie