Benjamin wys vertroue in 25 Warriors
Sokker
Die twee wedstryde teen die kontinentale reus Kameroen word einde volgende week binne vier dae afgehandel.
Die Tafel Lager Brave Warriors se afrigter, Collin Benjamin, het sy 25-tal vir die Afrika Nasiebeker-uitdunwedstryd teen Kameroen volgende week aangekondig.
Die nasionale sokkerspan vertrek komende Sondag na Suid-Afrika, waar die oorsese gebaseerde spanlede by hulle sal aansluit.
Namibië speel op 24 Maart teen Kameroen en vier dae later weer in die Dobsonville-stadion in Johannesburg.
“Ek verwag van die spelers om hard te werk vir die span en in hierdie twee belangrike kragmetings elke greintjie energie op die veld te laat,” het Benjamin gesê.
Die afrigter sal hoop dat die talismaniese doelskieter Peter Shalulile sy PSL- en Nedbankbeker-vorm vir Mamelodi Sundowns sal volhou om doele af te rond en ’n bedreiging te bied teen ’n span gelaai met sterspelers vir groot Europese klubs.
Ná die twee Kameroen-botsings sal Namibië sy aandag op Burundi toespits vir hul laaste groepontmoeting op 12 Julie.
Soos sake staan, het Namibië en Burundi elkeen een punt, terwyl Kameroen groep C se voorloper met drie punte is nadat hy Burundi een keer geklop het.
Namibië en Burundi het verlede jaar met 1-1 gelykop gespeel, wat albei spanne steeds ’n gelyke kans laat om vir die Afrika Nasiebeker-toernooi te kwalifiseer.
Kameroen bly egter die groep se gunsteling, gegewe hul posisie op die ranglys asook die wyse waarop hulle die uitdunne met ’n oorwinning begin het. Hulle beskik ook oor topspelers soos Vincent Aboubakar, wat met agt doele meer as enige ander speler by die 2021 Afcon aangeteken het.
Slegs twee spanne in groep C sal vir die kontinentale skouspel kwalifiseer, met die vierde groeplid Kenia reeds uitgeskakel nadat Fifa hom verlede jaar geskors het.
Die Namibiërs sal kan kwalifiseer indien hulle punte teen Kameroen en Burundi kry, terwyl Burundi geen punte byvoeg nie.
Die span kan ook hul plek bespreek indien hulle Kameroen twee keer klop, terwyl Burundi ook sy laaste wedstryd teen Kameroen wen.
Namibië se groep:
Loydt Kazapua, Edward Maova, Kamaijanda Ndisiro (doelwagters); Ryan Nyambe, Ivan Kamberipa, Kennedy Amutenya, Charles Hambira, Riaan Hanamub, Annanias Gebhardt, Denzil Haoseb, Brandon Neibeb, Dynamo Fredericks, Devin Somseb, Ngero Katua, Marcel Papama, Prins Tjiueza, Edmar Kamatuka, Absalom Iimbondi, Joslin Kamatuka, Deon Hotto, Wendell Rudath, Petrus Junior, Peter Shalulile, Betheul Muzeu, Elmo Kambindu.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie