Bergran en sy makkers jaag Dash-medalje
Bergfietsry
Die talentvolle 19-jarige vooruitsig het reeds vorige Desert Dash-kilometers in die bene.
Die 19-jarige bergfietsryer Bergran Jensen sal volgende Vrydag saam met Kevin Lowe, Daniel Hahn (beide 17) en Casper Kruger die Nedbank Desert Dash ultramarathon oor 397 kilometer vanaf Windhoek via die Khomas Hochland en Namibwoestyn na Swakopmund aandurf.
Sonder hul Suid-Afrikaanse spanmaat Kruger (27) as Dash-nuweling bygereken, het dié Cymot-spanlede ’n gemiddelde ouderdom van skaars 17.6 jaar, maar dit beteken nie die trio is groentjies nie en .
Jensen sal sy vierde Dash in ’n vierryerspan ry, terwyl Hahn en Lowe verlede jaar vir die eerste keer deelgeneem het. Hahn en Lowe se opgang as juniors (o.18) plaas hulle reeds as twee van Afrika se beste vooruitsigte in die sport.
Jensen, wat pas matriek geskryf het, het aan Republikein vertel hy het “eers op negejarige ouderdom” begin fietsry en was onmiddelik versot op die sport.
Nadat hy sy tande met die FNB-skolekompetisie geslyp het, het hy sy aandag na die Gravel & Dirt- asook Rock & Rut-bergfietsreekse verskuif waar hy geblom het.
Asof bergfietsry nie genoeg was nie, het Jensen resiesfiets begin ry en ook individuele tydtoetsrenne aangedurf.
Jensen oefen gemiddeld 15 uur per week en sê dissipline is van kardinale belang.
“Dit het alles in 2012 begin toe ek by my vriend ’n fiets geleen en my eerste FNB-skoleligawedren gedoen het. Dit was asemrowend! Hoewel ek nie goed gevaar het nie en seker vyf keer in daardie resies geval het, wou ek nie die stuurstang los nie. Ek het daardie dag op fietsry verlief geraak.”
AFRIGTERS
“Aan die begin het ek saam met Carolin Janik, (wyle) Hella Rust en Ingrid Mills geoefen wat my gehelp het met die verbetering van my tegniese vaardighede en fiksheid.
“Die drie het my geleer om pret op die fiets te hê, wat tot ’n passie gegroei het! Toe het hulle my omgepraat om meer te jaag en sê ek moet iets doen met die talent waarmee ek geseën is!”
Vroeg in 2018 gooi Hans du Toit, die nasionale fietsryafrigter, sy gewig by Jensen in.
“Ek was toe heelwat ouer toe ek by Hans begin oefen het en ek is vandag nog by hom. Hy het my geweldig baie gehelp en in my vermoëns geglo. Hy gee ons vir ure lank hel op die fiets, maar die volgende dag is ons opnuut terug om te oefen. Hy is regtig ons oefengroep se vaderfiguur.”
Behalwe dat Jensen ’n begaafde fietsryer is, is hy op akademiese gebied ook ’n uitblinker. Hy het in 2018 half-erekleure verwerf en spog sedertdien met die volle pakket. Boonop was hy vanjaar die hoofseun van Windhoek Gimnasium.
“Ek moes vanjaar op matriek fokus aangesien die AS-vlak se eksamens nie maklik is nie. Boonop was ek die hoofseun en kon ook nie so baie soos vorige jare oefen nie.
“Hoewel ons skool die lewe van ’n sportman ondersteun en verstaan, was dit soms moeilik om my aandag tussen fietsry en skoolwerk te verdeel.”
PERSOONLIKE VERLIES
Jensen het sy pa Gunnar, ’n bekende sakeman, in 2019 verloor toe hy tydens ’n fietsrybyeenkoms ineengesak het.
“Dit was tragies toe my pa tydens die Gravel & Dirt-geleentheid op Otjiva oorlede is. Hy en Ma Marinda het my elke dag ondersteun wat ek fietsgery het.
“Ek is geweldig dankbaar vir hul aanmoediging. Hulle het gesê dit is beter om geld te belê in iets wat ek geniet as om vir my die beste selfoon te koop of geld te gee sodat ek die heeldag nutteloos in inkoopsentrums kan rondhang.
“Elke dag wanneer ek op my fiets klim en ry, ry ek dit ter nagedagtenis aan Pa Gunnar.”
DASH-ERVARINGS
In 2019 wen Jensen saam met die Namibiese meestersryer Greg Chase en twee van Suid-Afrika se internasionale vroue, Mariske Strauss en Yolandie de Villiers, die gemengde vierryerkategorie in 15 uur 29 minute 12 sekondes. Hulle eindig algeheel vierde van al die vierryerspanne.
Met die 2020-weergawe behaal hy, Hugo Hahn, Morné Nell en die meestersryer Piet Swiegers in 14:28:27 die tweede posisie in die viermanspan-afdeling.
In laasjaar se verlengde Dash het Jensen opnuut met Swiegers, asook Monique du Plessis en Jean-Marie Mostert saamgespan. Hulle eindig tweede met 16:11:56 in die gemengde 4x-spanne en maak algeheel vyfde van al die vierryerspanne klaar.
“Ek sien baie uit na hierdie Dash, want ek kan dit saam met twee van my beste vriende ry. Ons wil graag baie goed vaar.
“Afgesien van Casper het Daniel en Kevin ook in verlede jaar se Dash reeds ondervinding opgedoen en hulle verstaan die uitdaging se vereistes. Hierdie jaar gaan regtig lekker vetpret wees!”
PRESTASIELYS (SOVER)
Jensen het vanjaar die Namibiese nasionale o.23-veldresiesbergfietstitel opgeraap, maar dit is nie sy enigste prestasie nie. As bergfietsryer lyk sy vordering só:
2014 (o.12) Derde met nasionale XC-kampioenskap.
2015 (o.12) Nasionale XC-kampioenskap eerste.
2016 (o.14) FNB-skoleliga, twee eerste en vier tweede plekke.
2017 (o.14) XC-kampioenskap tweede. FNB-skoleliga ses tweede posisies.
2018 (o.16) XC-kampioenskap tweede. FNB-skoleliga, twee tweede plekke en vier derde plekke.
2019 (o.16) FNB-skolekampioen. 30 km Cycle Classic eerste. XC-kampioenskap tweede. XC-marathonkampioenskap eerste. Afrika-kampioenskap tweede.
2020 (junior mans 17-18 jaar) XC-kampioenskap tweede. 50 km Cycle Challenge eerste. FNB-skolekampioen.
2021 (junior mans) XC-marathonkampioen. FNB-skolekampioen. 50 km Cycle Classic eerste. XC-kampioen. XC-marathonkampioen.
2022 (o.23-mans) nasionale XC-kampioen. Afrika-kampioenskap tweede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie