Beseerde Max uit WB-uitduntoer
Rugby
Die Namibiese toerspan vertrek vanaand na Frankryk.
Rugbygeesdriftiges wag gretig op die amptelike aankondiging vandag van afrigter Allister Coetzee se groep van 28 Namibiese spelers wat dié week die reis na die suide van Frankryk aanpak vir Rugby Afrika se kwalifiserende Wêreldbekertoernooi.
Afgesien van enkelinge wat in Frankryk sal aansluit, sal die grootste deel van die toergroep vanaand uit Kaapstad die reis aanpak. Net ’n paar dae bly oor voordat die Namibiërs Vrydagaand om sesuur in Marseilles in die eerste van die kwarteindstryde teen Burkina Faso te staan kom.
“Ons is in toetsweek. Ons het vandag (gister) ’n goeie sessie gehad en ook goeie tegniese ontleding van ons laaste wedstryd gehad. Ek kan sien hoe die dinge verbeter vandat ons as groep byeen gekom het,” het Coetzee gesê.
Die Namibiërs het Vrydag in Kaapstad hul voorbereiding afgesluit toe Italië-A hulle met 21-43 ondergekry het (rustyd 7-22). Die verloorspan se driedrukkers was Divan Rossouw, Alcino Izaacs en Obert Nortje, maar uiteindelik het die Italiaanse agttal se werk in die dryfmaalbewegings ’n deurslaggewende rol gespeel.
Coetzee kyk egter nie teen die telling vas nie.
“Dit was ’n baie nodige wedstryd teen sterk opposisie. Italië se A-span bevat professionele spelers wat by franchises gekontrakteer is, so die ondervinding was goed vir ons.
“Die eindtelling is van mindere belang. Ons het geleenthede gehad wat ons nie in drieë kon afrond nie. Ons kan dalk lesse leer uit die feit dat hulle voorlangs ’n bietjie sterk vir ons was, maar ek is heel tevrede met ons voorbereiding.”
Coetzee het egter ook gister die slegte nuus gedeel dat die slot en flank Max Katjijeko Vrydagaand ’n beentjie in sy hand gebreek het en dus vir ses tot agt weke buite aksie sal wees.
Die kaptein van die Namibiese XV, die flank Janco Venter, stem saam dat die harder teenstand op ’n nodige tyd teëgekom is.
“Dit was lekker om teen rêrige professionele spelers te staan te kom, wat die spel werklik verstaan. Die wind het ons gepla in die eerste helfte, maar ek hou van hoe ons aangehou veg en dit hanteer het. By die skrums en dryfmale het Italië ons spesifiek gewys waaraan ons moet aandag gee in die oorblywende dae.
“Die hele kamp in Stellenbosch – met die afrigterspan – was belangrik om as ’n span ’n eenheid te bou,” het Venter gesê.
OUDKEURDER GEE MENING
Mnr. Hermann Rust, gesoute voormalige nasionale keurder op skole- en senior vlak, het sy uitsoek-28 met die koerant gedeel.
Rust gee toe dat hy min agtergrond het oor Gihard Visagie, die haker van SWD Arende wat hom in die afgelope week by die groep op Stellenbosch aangesluit het. Rust volstaan dus by die twee hakers wat Namibië by die laaste twee Wêreldbekers verteenwoordig het (Torsten van Jaarsveld en Louis van der Westhuizen) asook die jonger Obert Nortje wat vir Japan 2019 by hulle aangesluit het.
Visagie (25), tevore ’n vaskopstut, is klaarblyklik swaarder en moontlik minder beweeglik as die ander drie. Die gewese Namibiese Wêreldbekerstut Jaco Engels ken hom goed vandat Engels hom by Strela Kazan in Rusland afgerig het.
“Ek het vertroue in Gihard; hy het vir drie jaar by ons in Rusland gespeel. Ons het hom ’n haker gemaak, maar hy is baie veelsydig en ’n goeie speler. Hy speel al ’n paar jaar professioneel in ’n baie fisieke liga, wat baie sterk vaste fasette het.”
Rust se uitsoekgroep:
Heelagters: Divan Rossouw, Johann Tromp.
Vleuels: JC Greyling, Oderich Mouton.
Senters: Lesley Klim, Danco Burger, Johan Deysel, Alcino Izaacs.
Losskakels: Cliven Loubser, PW Steenkamp.
Skrumskakels: Damian Stevens, Helarius Kisting.
Agtsteman: Adriaan Booysen.
Flanke: Prince !Gaoseb, Janco Venter, Wian Conradie.
Slotte: Max Katjijeko, Johan Retief, PJ van Lill, Johan Luttig.
Vaskopstutte: Aranos Coetzee, Jano Otto, Jason Benade.
Hakers: Louis van der Westhuizen, Obert Nortje, Torsten van Jaarsveld.
Loskopstutte: Desiderius Sethie, Herschell van Wyk.
• Engeland se vonds om Patrick Schickerling te kies, Nelius Theron se beenbesering en André Rademeyer se boerderyverpligtinge het Namibië van ’n paar ervare en gerekende stut-opsies ontneem.
Rust sê: “Ek glo die spelers wat beroepsrugby speel, is beter gekondisioneer as plaaslike spelers. Ek is ook bekommerd oor die stutte – nie soseer vir die kwalifiserende toernooi nie, want ek glo ons sal deurdring, maar wel vir aanstaande jaar se Wêreldbeker.
“In Max se plek, sal ek dan vir Skroef (Ruan Ludick) kies.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie