Namibië se haker Louis van der Westhuizen (regs) en agtsteman Prince !Gaoseb verdedig teen die Franse vaskopstut Uini Atonio, wat by die 145 kg weeg, in laas Donderdagaand se wedstryd in Marseille. Foto AFP/Getty Images
Namibië se haker Louis van der Westhuizen (regs) en agtsteman Prince !Gaoseb verdedig teen die Franse vaskopstut Uini Atonio, wat by die 145 kg weeg, in laas Donderdagaand se wedstryd in Marseille. Foto AFP/Getty Images

Beserings beperk die opsies teen Uruguay

WB-rugby
Namibië wag reeds dekades vir die kans om dalk sy eerste WB-wedstryd te wen.
Andrew Poolman
Ontydige beserings, asook die tugverhoor vir Johan Deysel het afrigter Allister Coetzee se waarskynlike planne grootliks ontwrig in sy bekendmaking van sy wedstrydgroep vir môreaand se 2023 Wêreldbeker-wedstryd teen Uruguay in die Franse stad Lyon.

’n Nekbesering vir die geharde flank Wian Conradie, ’n kniebesering vir die vleuel/heelagter Divan Rossouw en ongesteldheid vir die slot/flank Johan Retief weens ’n spinnekopbyt het dié drietal buite rekening gelaat vir die lank verwagte kragmeting met die Suid-Amerikaners.

Tjiuee Uanivi is as ’n flank gekies en neem die kapteinskap by Johan Deysel, in afwagting op die senter se tugverhoor vandag ná sy rooi kaart teen Frankryk.

Uanivi het Namibië vier keer tevore aangevoer, naamlik teen Uganda en Kenia in 2016, asook tydens die 2019 Wêreldbeker in Japan, toe Deysel ook nie teen Italië en Suid-Afrika kon speel nie.

NAMIBIë

1 Jason Benade

2 Torsten van Jaarsveld

3 Aranos Coetzee

4 Adriaan Ludick

5 Tiaan de Klerk

6 Prince !Gaoseb

7 Tjiuee Uanivi (kaptein)

8 Richard Hardwick

9 Damian Stevens

10 Tiaan Swanepoel

11 JC Greyling

12 Danco Burger

13 Alcino Izaacs

14 Gerswin Mouton

15 Cliven Loubser

Reserwes: 16 Louis van der Westhuizen, 17 Desiderius Sethie, 18 Haitembu Shikufa, 19 PJ van Lill, 20 Max Katjijeko, 21 Adriaan Booysen, 22 Jacques Theron, 23 André van der Berg.

Volgens die spanaankondiging op die webblad van Wêreldrugby is Gerswin Mouton, wat in die openingswedstryd teen Italië sy span se enigste drie sover in die toernooi gedruk het, een van net vyf Namibiërs wat in enige stadium deur die verdedigingslyn kon breek.

Namibië kon nog net een keer tevore ’n toets teen Uruguay wen. Tydens die 2019 Wêreldrugby Nasiebeker in Montevideo het Cliven Loubser net voor die eindfluitjie van die halflyn af met ’n strafdoel geslaag om die oorwinning met 30-28 te beklink. Janco Venter (2) en JC Greyling het in dié wedstryd drieë gedruk, tesame met drie doelskoppe en drie strafdoele deur Loubser.

Uruguay het in Julie vanjaar egter die laaste botsing tussen die twee gewen (26-18, in Montevideo). Veertien Namibiërs was in dié wedstryd betrokke, insluitend nege wat dié week in die beginspan is (Ludick, !Gaoseb, Stevens, Swanepoel, Burger, Mouton, Greyling, Hardwick en Uanivi).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!