Beseringspook maak amok in ‘selfvoldane’ Blitsbokke se kamp
Sewesrugby
’n Beseringskrisis dreig in die Blitsbok-kamp terwyl die span steeds sy wonde lek ná sy teleurstellende vertoning die afgelope naweek in die Los Angeles-sewestoernooi.
Die Blitsbokke kon slegs een van hul vyf wedstryde in Kalifornië wen. Fidji het Suid-Afrika Sondag in die kwarteindronde met 28-7 geklop om die Blitsbokke se aanspraak op die titel tot ’n einde te laat kom.
Om sake te vererger, het Samoa daarna sewe drieë ingeryg om Suid-Afrika in die halfeindronde om die vyfde plek met 45-5 te verneder.
Wat die beserings betref, het Jaiden Baron en Masande Mtshali albei ’n harsingskuddingtoets gedruip. Dit beteken dat hulle ’n gedwonge rusperiode moet ondergaan en hulle gevolglik nie van Vrydag af in die Vancouver-toernooi in aksie sal wees nie.
Dan heers onsekerheid ook nog oor die beskikbaarheid van Ronald Brown en Travis Ismaiel vir die Wêreldreeks-toernooi in Kanada.
Baron, wat in die besemposisie (sweeper) of as spelskepper diens doen, se besering is ’n ernstige terugslag. Hy, Brown en Ricardo Duarttee was die enigste spelers in die groep wat spesialiste in dié twee posisies is.
Die verwagting is dat Sandile Ngcobo, afrigter van die Blitsbokke, die ietwat onbekende Noegh Hayward en Gurshwin Wehr na Noord-Amerika gaan ontbied.
Dié twee is deel van die nasionale sewesakademie en hul name is op die kortlys van plaasvervangers.
Nie Hayward óf Wehr het al tevore vir die Blitsbokke gespeel nie.
Wie ook al uit Suid-Afrika ontbied word, sal ná die lang reis na die weskus van Kanada min tyd hê om saam met die Blitsbokke te oefen.
Ngcobo het intussen nie ’n moordkuil van sy hart gemaak nie en die Blitsbok-spelers in die nadraai van die naweek se vertoning in Los Angeles onder meer van moontlike “selfvoldaanheid” beskuldig.
“Dit was omtrent hartverskeurend vir my om van die kantlyn af te kyk omdat daar geen poging deur die spelers was nie. Dit maak seer omdat die wapen waarvoor ons speel dit nie verdien nie, asook nie ons ondersteuners of die land nie,” sê Ngcobo in ’n verklaring.
“Dit lyk of selfvoldaanheid ingekruip het en asof die ouens sonder intensiteit gespeel en verwag het dinge gaan vanself gebeur.”
Ngcobo sê hy en die res van die span sal selfondersoek doen om te probeer bepaal wat die rede vir die Blitsbokke se gesukkel in Los Angeles was.
Wat vele Blitsbok-ondersteuners waarskynlik sal omkrap, is dat daar van die nasionale span se gebruiklike veggees en durf so min teken was.
Hiermee saam het die Suid-Afrikaners planloos voorgekom. Om vier wedstryde op ’n streep te verloor – een daarvan boonop teen die onbesonge Uruguay – laat die gevaarligte flikker.
Hoewel Suid-Afrika steeds in die tweede plek op die Wêreldreeks se punteleer is, deel hulle dié plek nou met Argentinië – albei op 86 punte. Die Argentyne het in die LA-eindstryd met 12-22 teen Nieu-Seeland verloor.
Nieu-Seeland is boaan die puntelys met 107 punte en besig om vir die res van die spanne in die reeks weg te hardloop. Dit was die Kiwi’s se tweede agtereenvolgende toernooisege nadat hulle in Sydney ook baas was.
• Loting vir Vancouver-toernooi:
Groep A: Nieu-Seeland, Samoa, Spanje, VSA.
Groep B: Argentinië, Suid-Afrika, Frankryk, Japan.
Groep C: Fidji, Brittanje, Uruguay, Kenia.
Groep D: Australië, Ierland, Kanada, Chili.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie