Van links, Nathanael Kakololo, afrigter Tobias Nashilongo en Lazarus Shaningwa het gister na Rusland vertrek. Foto verskaf
Van links, Nathanael Kakololo, afrigter Tobias Nashilongo en Lazarus Shaningwa het gister na Rusland vertrek. Foto verskaf

Besige naweek vir Salute

Boks
Andrew Poolman
Twee boksers van MTC Salute Boksakademie het gisteroggend na Jakoetsk in Rusland vertrek waar hulle komende Saterdagaand aan professionele gevegte sal meeding.

Nathanael Kakololo is bestem om vir agt rondes teen Petr Vasilyev van Rusland in ’n nietitelgeveg tussen die twee liggewigte te staan te kom.

Sy stalmaat Lazarus Shaningwa se Russiese opponent oor ses rondes is Mikhail Warlamof.

Die twee word deur hul afrigter Tobias Nashilongo vergesel.

• Nog ’n Salute-vegter, die supervlieggewig Jonas Matheus, en sy afrigter Elifas Elvis Nandjembo pak vandag die reis na Johannesburg aan vir komende Saterdag se geveg oor tien rondes teen Sikho Ngothole by die Booysen Box Camp.

• Salute sal boonop met drie van sy lede betrokke wees by Onkugo Promosies se komende Saterdagaand van beroepsgevegte by die Jan Wilken binnenshuise kompleks op Walvisbaai, waar Harry Simon Junior in die hoofgeveg die vernaamste trekpleister is.

Salute se drie vegters op Walvisbaai is:

Petrus Matheus teen Fillipus Amwaama (4 rondes, weltergewig).

Immanuel David teen Martin Kambalili – beide se professionele debuut as weltergewigte (4 rondes).

Simasiku Martin Muchila teen Naftalie Shooya – beide se beroepsdebuut as swaargewigte.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!