Die gewilde Newspaper-beker van The Namibian het al vele jong spelers se drome verwesenlik. Foto Verskaf
Die gewilde Newspaper-beker van The Namibian het al vele jong spelers se drome verwesenlik. Foto Verskaf

Besige paaie lei na Oshakati

Netbal en sokker
Die Newspaper-beker is bekend as 'n teelaarde wat die volgende geslag uitblinkers op die voorgrond help plaas.
Tielman van Lill
Die Namibiese Sokkervereniging (NFA) en Netbal Namibië (NN) nooi alle sokker- en netballiefhebbers die komende naweek na Oshakati vir die 20ste weergawe van The Namibian Newspaper-beker wat met trots deur Standard Bank ondersteun word.

Cassius Moetie, die NFA se bestuurder vir bemarking en kommunikasie, sê die geleentheid sal opnuut aan sportliefhebbers se hoë verwagtinge voldoen.

“Hierdie opwindende onder 20-sokker en netbalskouspel sal by die Onafhanklikheidstadion in Oshakati aangebied word en toegang is absoluut gratis,” het Moetie gesê.

Rebekka Goagoses, NN se visepresident vir bemarking, borgskappe en kompetisies, het gesê: “Beide sportkodes sal by nuut opgeknapte venues gespeel word waar die NFA en NN sportliefhebbers die geleentheid by een plek bied om die topspelers uit al 14 streke se talente te waardeer.”

Die NFA en NN het The Namibian, Standard Bank, Coca-Cola asook die ministerie van sport, jeug en nasionale diens bedank vir hul verbintenis tot die voortbestaan van die Newspaper-beker wat in die Oshanastreek aangebied word.

“Die NFA en NN wens Elia Irimari, goewerneur van die Oshanastreek, geluk met sy insette asook dié van die gemeenskap om vir Oshakati en die Onafhanklikheidstadion ’n nuwe baadjie aan te trek.

“Die verbetering van die sportinfrastruktuur sal opnuut jong mense lok en aanspoor om sport te beoefen en moontlik professionele atlete te word wat Namibië na klubs en groter ligas in die buiteland kan uitvoer,” het Moetie en Goagoses in ’n gesamentlik verklaring gesê.

Die NFA en NN sê terwyl die toegang na die wedstryde verniet is, kan mense ook met ’n geruste hart in ’n veilige omgewing die jeug se vetonings geniet met die Namibiese polisie wat hul sekerheid sal waarborg.

“Die pad Noorde toe sal met die langnaweek druk verkeer dra met mense wat vir ’n blaaskans wegbreek, dié wat die Newspaper-beker as toeskouers gaan bywoon asook besoekers aan die Ongwediva-handelskou.

“Ons by die NFA en NN versoek motoriste om met groot versigtigheid die pad aan te pak sodat almal veilig by hul onderskeie bestemmings kan aankom. Lewensverlies van enige Namibiër moet ten alle koste vermy word. Laat ons gedurende die Heldedag-langnaweek almal helde wees,” het Moetie afgesluit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!