Lede van die twee spanne wat vir deelname aan die Khaya Majola o.19-krieketweek op Stellenbosch gekies is. Foto Andrew Poolman
Lede van die twee spanne wat vir deelname aan die Khaya Majola o.19-krieketweek op Stellenbosch gekies is. Foto Andrew Poolman

Beste jonges vir Khaya Majola-week uitgekies

Krieket
Andrew Poolman
Krieket Namibië het by sy pas afgelope nasionale o.19-week sy oefengroep uitgekies wat vandeesweek (15-18 Desember) by die gedugte provinsiale kriekettoernooi vir o.19’s, die Khaya Majola-week, gaan speel.

Vir sowat 25 van die land se belowende juniors, verdeel in twee spanne, is dit ’n belangrike oefenlopie voordat hulle volgende jaar die res van Afrika moet aanvat in die wedloop om vir die o.19 Wêreldbeker te kwalifiseer.

Nadat Namibië vroeër vanjaar opnuut misgetrap het en dus die skouspel moes misloop, het die nasionale beheerliggaam sy vasbeslotenheid verklaar dat beide die o.19-mans en -vroue nie weer in hierdie doelwit mag faal nie.

Die Khomasstreek se twee spanne (Sentraal Wit en Blou) het boaan die puntelys van die o.19-week geëindig deur elkeen drie uit vier te wen, voor die kusstreek (derde) en Noorde met een oorwinning elk.

In die wedstryd tussen die toptwee spanne het Sentraal Wit eerste gekolf en 255/7 in 50 boulbeurte opgestel, gebou rondom stewige beurte van Daneel van der Walt (49 van 101 balle), JW Visagie (35 van 46), Gerhard Janse van Rensburg (43 van 51), Adriaan Louw (48 van 51) en Dirk Theunissen (41 van 39). Hierop het Sentraal Blou geantwoord met 180/7, waarin Ryan Moffett se 42 van 69 balle en Zacheo van Vuuren se 41 van 68 balle die hoogtepunte was.

Die topboulers in dié wedstryd was die Blou span se Van Vuuren (3/42 in 9 bb) en Salomon (Tangi) Nuuyoma (2/43 in 9).

VOORSTE LOPIEMAKERS

Die algehele individuele voorste lopiemakers van die nasionale o.19-week was (Khomas-spanne, tensy vermeld):

1 Gerhard Janse van Rensburg, 279 lopies in 4 kolfbeurte (drie keer nie uit nie), kolftempo 99.6, gemiddeld 279.

2 JW Visagie, 188 lopies, tempo 79.6, gemiddeld 62.6.

3 Ryan Moffett, 181 lopies, tempo 88.7, gemiddeld 45.2.

4 Marco Malan (Kus), 142 lopies, tempo 154.3, gemiddeld 35.5.

5 Zacheo van Vuuren, 137 lopies (drie keer nie uit nie), tempo 62.5, gemiddeld 137.

6 Henry van Wyk, 123 lopies, tempo 78.3, gemiddeld 30.7.

7 SW Kuhn (Noorde), 95 lopies, tempo 64.2, gemiddeld 23.7.

8 Simon Shikongo (Kus), 78 lopies, tempo 114.7, gemiddeld 19.5.

9 Zach von Wielligh, 70 lopies in 3 kolfbeurte, tempo 67.9, gemiddeld 23.3.

10 GP Greeff (Kus), 60 lopies, tempo 44.4, gemiddeld 15.0.

VOORSTE BOULERS

Die voorste boulers met meeste paaltjies:

1 Aldo Meyer (Kus), 10 paaltjies in 19.2 boulbeurte, ekonomie 4.24.

2 PD Blignaut, 7 paaltjies, ekonomie 3.4.

3 Gerhard Janse van Rensburg, 7 paaltjies, ekonomie 3.4.

4 Zacheo van Vuuren, 7 paaltjies, ekonomie 4.0.

5 GP Greeff (Kus), 7 paaltjies, ekonomie 4.5.

6 Ben Burger, 7 paaltjies, ekonomie 4.7.

7 Daneel van der Walt, 6 paaltjies, ekonomie 3.0.

8 SW Kuhn (Noorde), 6 paaltjies, ekonomie 3.6.

9 Simon Shikongo (Kus), 5 paaltjies, ekonomie 2.96.

10 André van Niekerk (Kus), 5 paaltjies, ekonomie 3.6.

SPANNE NA SUID-AFRIKA

Die twee o.19-spanne na Stellenbosch:

SPAN 1: Jack Parker (kaptein), Gerhard Janse van Rensburg (onderkaptein), Ryan Moffet, JC Balt, Hanro Badenhorst, JW Visagie, Alex Volschenk, Dirkie Theunissen, Salamon Nuuyoma, PD Blignaut, Zacheo van Vuuren, Hansie de Villiers.

SPAN 2: Simon Shikongo (kaptein), Ben Burger (onderkaptein), Ramsey MacDonald, Jandre Botha, Adriaan Louw, Henry van Wyk, Zack von Wielligh, Daneel van der Walt, Francois du Plessis, SW Kuhn, Addo Iita, Nico Pieters, Junior Kariata.

Die span sal deur Fortune Matawu en Oscar Nauhaus as afrigters vergesel word, met Justus Hangula en Karl Birkenstock as hulpafrigters en Arrasta Diergaardt as spanbestuurder.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!