Beste skuts vir missie teen Suid-Afrika uitgesoek
Jaggeweerskiet
Die Namibiese Jaggeweerskietvereniging (NHRSA) het die afgelope naweek twee streekkompetisies op die plaas Zonnewaldt van Wathy van der Wath naby Stampriet aangebied, waarna ’n Nasionale, President- en .222/.223-span gekies is.
Vrydag het die top-30 skuts mekaar vir Nasionale en Presidentskleure asook ’n plek in die .222/.223-span gepak.
Sewentien name het uiteindelik die regmerkie gekry om Namibië in Suid-Afrika teen die gasheerland se span te toets.
Francois Marais senior, Francois Marais junior en Wittes (JA) Marais sal in die nasionale sowel as in die .222/.223-span vir Namibië aanlê.
Die NHRSA sê: “Ons wens graag die skuts geluk wat Namibië by internasionale byeenkomste in 2022 gaan verteenwoordig. Daar is ongelukkig geen junior of vrouespan wat Namibië kan verteenwoordig nie.”
Nasionale span (ses): Francois Marais junior, Luandré Benade, Morné Louw, Strydom van der Wath, Michael Barlow en Francois Marais senior.
Presidentspan (sewe): Basjan van der Merwe, Wilhelm Loubser, Marius Louw, Hermanus du Toit, Bradley Jarman, Wittes Marais en Stefan Louw.
222/.223-span (sewe): Francois Marais junior, Francois Marais senior, Wittes Marais, Tabby Barnard, Johan Wessels, Strydom van der Wath en Ferdinand Schnaitmann.
Die Namibiërs sal van 14 tot 18 September naby George in die Suid-Kaap by die Suid-Afrikaanse ope kampioenskap die skote laat klap.
Saterdag is die ope kompetisie in winderige toestande aangebied waar elke skoot sorgvuldig beplan moes word. Twee rondes is na ghongs (lewensgrootte teikens van ’n jakkals, steenbok, swartwitpens en hiëna) geskiet.
Die voorste ope uitslae:
Penkoppe: 1 Daniel Kotze, 2 Vincent Maresch, 3 Nicolaas Mostert.
Juniors: 1 Jannie Booysen junior, 2 Luan Oosthuizen, 3 Heinrich Kotze.
Veterane: 1 Francois Blaauw, 2 JWF Kannemeyer, 3 Gerald Knoetze.
Seniors: 1 Francois Marais senior, 2 Johannes Gert van der Wath, 3 WP Barnard.
Vroue: 1 Bets-Marié Coetzee, 2 Karola Marais, 3 Silke Grobler.
Mans: 1 Francois Marais junior, 2 Marius Louw, 3 Michael Barlow.
Bronsafdeling: 1 André van der Merwe, 2 Arther Simon, 3 Kobus Brand.
Silwerafdeling: 1 Gertjan Coetzee, 2 Alwin Louw, 3 Sebastiaan van der Merwe.
Goudafdeling: 1 Francois Marais senior, 2 Francois Marais junior, 3 Marius Louw.
Algeheel: 1 Francois Marais senior, 2 Francois Marais junior, 3 Marius Louw.
Die NHRSA bedank sy hoofborg Outlook Xpress saam met Kaap Agri, Mariental Toyota, Beesdam Namibië en Agra.
Die NHRSA sê: “Ons het nog advertensiespasie op ons sleepwa beskikbaar as iemand belangstel om dié ruimte vir twee jaar te koop en te benut. Dit sluit 300 handelsmerkwaterbottels in wat by ons kompetisies uitgedeel word, asook erkenning op sosiale media.”
Die NHRSA se volgende kompetisie is op 15 en 16 Julie by ’n venue wat bevestig sal word. Inskrywings kan vanaf 26 Junie gedoen word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie