Beste van die bestes môre slaags

e-Sport
Met die uitdunrondes afgehandel, sien die Namibiese e-Sportvereniging (NESA) uit na die nasionale kampioenskap wat môre aangebied word.

“Ons nooi die topatlete van albei kwalifiserende rondes uit om vir die titel as Namibiese kampioen in alle spelkodes mee te ding,” sê NESA.

Die eindronde word môre vanaf 09:00 by die MTC Innovation Centre in Maerua-inkopiesentrum aangebied – met slegs die topspelers vir elke rekenaarspeletjie in aksie. Toeskouers en ondersteuners is welkom om die kampioenskap by te woon.

NESA is trots op die suksesvolle afsluiting van die kwalifiserende rondtes laas Saterdag vir Tekken 7 en eFootball 2022.

In die gevegspeletjie Tekken 7 het Johannes “KarmaLoki” Johannes vir Hassel “Kaeizo” Kabajani om die eerste plek geklop, terwyl Ashallo “Beerus Sama” Morkel derde eindig.

In eFootball is die heersende topspeler Mandume "Tate_Mandume" Kaukungwa, met Fernando “Nanjaras” de Sousa in die tweede posisie. Rusian “El Beasting” Ndanyengwa was derde.

Met die aanlynkwalifisering vir PUBG Mobile, Mobile Legends: Bang Bang (MLBB) en Counter-Strike: Global Offensive (CS:GO) het die volgende spelers die topdrie plekke ingeneem.

PUBG Mobile het afgesluit met 『卄』 Squad wat die eerste plek behaal het. nADEnATION was tweede en Silas King derde.

By CS:GO het Tiape oorheers gevolg deur Big Chungus met Talon Gaming derde.

Oryx Esports wen die MLBB-uitdaging met The Noob Nation tweede en Pro Karma derde.

Die toptwaalf CS:G- atlete wat aan die finaal sal deelneem, is Ilario “NoWher3” Izaks, Andries “Fluye” Wahl, Talon “Shackles” Izaks, Alexander “Dykie” van Dyk, John “Albatraoz” Berry, Ezee “TheEzZ” Viljoen , Hermann “Kazzii” Koch, PJ “Sentinal” Tromp, Gideon “G-MAN” Buys, Danie “Muller” Muller, Pieter “P9T” Kok en Wim “Tinky Winky” van der Plas.

Die toptien DotA 2-atlete is Franlo “FreyTiX” Meyer, Nathan “Dr.OG” Duarte, Jurgen “Phycodamage” Teichert, Benjamin “Biffs” Staden, Mauro “PoRRa07” Teles, Dihan “DiViNE” Boshoff, Wouter “LessEgosMore” Zyl, Jaco “Deoc” Coetzer, Tristan “PRINGLES” Volschenk en Francois “Poison” Rautenbach.

Die Top 6 eFootball2022-atlete is: Fernando “Nanjaros” de Sousa, Mandume “Vasilias” Kaukungwa, Rashaad “Jinx” Matjila, Rusian “El Beasting” Ndanyengwa, Edan “Fluffy” Farmer en Mbahahiza “Don Bizza” Katjinamunene.

Die 16 beste genooide Tekken 7-spelers is Ashallo “Beerus Sama” Morkel, Hassel “Kaeizou” Kabajani, Johannes “KarmaLoki” Johannes, Matias “Kandali” Fillemon, Cy “Kaido” Mwangala, Mazila “Zubscop” Mazila, Gerhard “Afduim” Opperman , Rianelico “JPSniper” D’Almeida, William “Ntrpy” Alexander, Damien “Shacosis” Britz, David “Re4Per” Beukes, Edan “Fluffy” Farmer, Oliver Luther “Sir-Ravioli” Stoffels, Wilgano “JLBlazer” D’Almeida, Janet “Jay-rider” Tonchi en Sakaria “FloatWater” Muremi.

Die toptien MLBB-spelers is Amourie-Johann “SlasherVT” Druker, Deano “ASF Deaman” Doyle, Mazila “Zubscop” Mazila, Richard “Tridan” van Wyk, Lourens “BrewMasterM” du Plessis, Andries “NumroHolic” Steyn, Razhime “ Mortc_137” Bezuidenhoudt, Alicia “Alicat” Kotze, William “Ntrpy” Alexander en Clive “killerclown” van Wyk.

Die toptwaalf PUBG Mobile-spelers is Harry “RedZ0ne” Greyling, Michelle ”VMxSHELLS” Steyn, Elvin Meduletu “Loc” Shikulo, Nekwaya “jone” Haitembu, Dean “Bludshot” Olivier, Jay “Jay” Schwartz, Laudon “OlochN3ss” , Rusian “El Beasting” Ndanyengwa, Phillipus “Phillipusmath” Matheus, Silas “Silaskeendjele” Keendjele, Hiruu Kangueehi en Andimba “DoGood87” Iilonga.

NESA spreek sy dank uit aan MTC, sy amptelike e-sportvennoot, asook Logitech en Nanodog wat die byeenkomste moontlik gemaak het. NESA wil ook al die vrywilligers en personeel bedank wat die kompetisies suksesvol gemaak het.”

Meer inligting is op NESA se Facebook-blad asook hul webwerf https://esportsnamibia.org beskikbaar. Vir navrae, kontak Damien Britz by 081 148 2628 of Flip de Bruyn by 081 141 5100.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!