Beste veggees en vaardigheid in Afrika getoets
Bergfietsry
’n Klomp uitmuntende fietsryers tree môre by die Afrika Kontinentale bergfietskampioenskap by Farm Windhoek in Kleine Kuppe aan.
Met sterk inkomende spanne van Suid-Afrika, Mauritius, Marokko, Kenia, Tunisië, Marokko, Lesotho en Botswana sal Namibië se status as ’n toonaangewende land in dié aksiesport deeglik beproef word.
’n Ware skouspel is in die vooruitsig met ’n baanroete wat die besoekers reeds opgewonde maak en wat toeskouers toelaat om die ryers se veggees en vaardighede van naby te aanskou, insluitend met spronge en klimme.
Alan Hatherly is die wêreld se nommer 6 elite mansryer en wenner van die onlangse kortbaanresies by die Wêreldbeker. Die 26-jarige Suid-Afrikaner het onder meer die brons by die 2018 Statebondspele verower en is ’n sterk gunsteling.
Hatherly sal egter beswaarlik ’n resies op sy eie kan verwag, met sy landgenote Arno du Toit en Phillip Buys (huidige en gewese RSA-kampioene), Mathys Beukes en ander gerekende teenstanders wat hul merk sal wil maak om die keurders voor die naderende Statebondspele in Juliemaand te beïndruk.
• In die onder 23-klas het Namibië se Alex Miller hom reeds onder die top-15 ter wêreld in sy ouderdomsklas opgewerk, hoewel hy hewige kompetisie van ’n sterk groep uit Suid-Afrika en Mauritius sal moet afweer.
Veral die huidige Suid-Afrikaanse en kontinentale o.23-titelhouer Wessel Botha is ’n kragtige fietsryer. Namibië se Bergran Jensen (ook o.23) het reeds in vorige UCI-resiese in Windhoek gewys waartoe hy in staat is. Hugo Hahn herstel nog van ’n gebreekte sleutelbeen en sy deelname is nog onseker.
• Onder die junior mans word Namibië se aanslag deur die hoogs belowende Daniel Hahn en Kevin Lowe gelei. Dié twee vat letterlik beurte om die betekenisvolle wedrenne te wen.
Geen 17-jarige seuns is hoër op die wêreldranglys as Kevin Lowe en Daniel Hahn nie – onderskeidelik 24ste en 25ste op die junior ranglys (o.19). Namibië sal in dié kategorie moeilik geklop word.
• In die elite vroueresies is Candice Lill en Mariske Strauss (as spanmaats silwerwenners by die Cape Epic verlede maand) die twee grotes wat vir die eerste posisie behoort mee te ding.
Die twee Suid-Afrikaners k egter rekening moet hou met die ewe ervare Kim Le Court van Mauritius – wenner van die Kaapstad-fietstoer – as ’n gevaarlike buiteperd, hoewel die baie tegniese baan deur die suidelike heuwels van Windhoek ’n gedugte uitdaging bied.
Namibië se bestes word deur ryers soos Courtney Liebenberg verteenwoordig, terwyl die 19-jarige Monique du Plessis se resies vir die kontinentale o.23-titel waarskynlik teen die huidige SA junior kampioen Andrea Shoffman behoort te wees.
Die byeenkoms se hoofborg is Nedbank, met betekenisvolle verdere steun van maatskappye soos Paratus, Pupkewitz Megatech, Cymot, Pupkewitz Motors, NHP, Langerhans Pharmacy, BUCO, African Marketing en Camping Hire Namibia.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie