Bielies tree aan vir nuwe uitdaging

Bergfietsry
Die Nedbank Namibiese nasionale bergfietsmarathonkampioenskap word môre by ’n opwindende nuwe venue aangebied, naamlik Farm Otjompaue, wat naby die einde van die teerpad na Matchless is. Vir bergfietsryers is die nuwe roete (alles Jeep-spore) ’n nuwe ervaring waarop nog niemand van hulle tevore gery het nie. Die organiseerders volg ook die internasionale neiging deurdat die roete in ­ baanrondtes uitgelê is – met ’n uitmergelende 420 klimmeters op elke baanrondte van 20 km. Die elite en o.23-mans en elite vroue moet almal drie rondtes voltooi. ’n Werklike topklas kompetisie is in die vooruitsig met die elite vroue-inskrywings – Vera Looser Anri Krugel, Cindy Rowland, Courtney Liebenberg, Irene Steyn, Melissa Hinz en Monique du Plessis – terwyl­ die elite mansresies ewe gerekende name soos Tristan de Lange (FOTO), Alex Miller, Danzel de Koe, Xavier Papo en Ingram Cuff bevat. Foto Andrew Poolman

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!