Shilton van Wyk het Sondag die Blitsbokke se eerste drie gedruk. Hier is hy vroeër vanjaar in aksie in Hamilton, Nieu-Seeland. Foto Getty Images
Shilton van Wyk het Sondag die Blitsbokke se eerste drie gedruk. Hier is hy vroeër vanjaar in aksie in Hamilton, Nieu-Seeland. Foto Getty Images

Blitsbokke eindig 9de in Londen

Sewesrugby
Marnus Kok
Die Blitsbokke het die Londen-sewestoernooi in die negende plek afgesluit, nadat hulle die VSA Sondag in die uitspeelwedstryd om dié plek geklop het.

Suid-Afrika het sewe drieë gedruk om op ’n drafstap met 47-5 te wen. Twaalf spanne het aan die Londen-toernooi deelgeneem.

Die Blitsbokke kon nie vir die kwarteindronde kwalifiseer nie. Hulle het teen Brittanje (15-19) en Nieu-Seeland (21-32) in die groepwedstryde verloor. Hulle en die VSA het boonop Saterdag in ’n groepwedstryd gelykop (26-26) gespeel.

Net sekondes nadat die wedstryd Sondag begin het, het Shilton van Wyk voet in die hoek gesit en gaan druk. Kort daarna het Mfundo Ndhlovu ook vir die Blitsbokke gaan druk. Albei die drieë is verdoel, wat die telling 14-0 in Suid-Afrika se guns gemaak het.

Die Blitsbokke was duidelik daarop uit om te vergoed vir hul gesukkel die naweek in Londen, want teen die tyd toe die rustydfluitjie geblaas het, het Christie Grobbelaar en Ryan Oosthuizen ook agter die doellyn gaan kuier.

Teen rustyd was die telling 28-0 in Suid-Afrika se guns.

In die tweede helfte het Grobbelaar weer gaan druk, met Ronald Brown en Justin Geduld wat ook in die drieëfees gedeel het.

Die eindstryd is om 18:26 tussen Argentinië en Fidji.

• Puntemakers: Suid-Afrika 47 (28): Drieë: Shilton van Wyk, Mfundo Ndhlovu, Christie Grobbelaar (2), Ryan Oosthuizen, Ronald Brown, Justin Geduld. Doelskoppe: Ricardo Duarttee (3), Brown, Geduld (2). VSA 5 (0): Drie: Aaron Cummings.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!