Blou Bulle bevestig WB-opwarmstryd
Rugby
In laat Augustus sal Namibië reeds diep in sy voorbereiding vir die Wêreldbeker wees.
Die Blou Bulle rugbypresident Willem Strauss en sy uitvoerende hoof, Edgar Rathbone, het op ’n nuuskonferensie in Windhoek die ope geheim bevestig dat die Pretoria-franchise op 26 Augustus in die Hage Geingob-stadion teen Namibië kom speel.
In daardie stadium sal die Namibiese span diep in hul voorbereiding wees vir die Wêreldbeker-rugbytoernooi wat in September in Frankryk begin.
Die Namibië Rugbyunie se president, Petrie Theron, en uitvoerende hoof, John Heynes, het die standpunte van hul Blou Bul-eweknieë benadruk oor die goeie werksverhouding tussen die twee unies uit en het ondersteuners genooi om opnuut ’n feestelike dag van rugby-atmosfeer in die Hage Geingob-stadion te ervaar.
Volgens die Bulle-beamptes behoort hul span waarskynlik op ’n sterker vlak te wees as die een wat Windhoek verlede jaar besoek het vir ’n oorwinning van 47-12 teen die Welwitschias.
“Hierdie Wêreldbeker sal Namibië se sewende opeenvolgens wees – maar as ’n unie berei ons ook reeds voor om vir 2027 te kwalifiseer, en die Blou Bulle-wedstryd is deel van dié reis,” het Theron gesê.
“Namibië het ’n uitstekende poel van talent. Ek wil graag sien dat ons nasie agter die span verenig op hul missie om hul eerste Wêreldbeker-wedstryd te wen – wat vir ons as ’n rugbynasie ’n ewe onvergeetlike, historiese oomblik sal wees as wat 1995 vir Suid-Afrika was.”
Allister Coetzee, nasionale afrigter, sal na verwagting teen volgende week die genooide spelers van professionele ligas in hoofsaaklik Frankryk, Suid-Afrika en die VSA vir die Namibiese span se eerste twee plaaslik-gebaseerde oefenkampe (vanaf 26 Junie in Windhoek, en vanaf 10 Junie in Swakopmund) aankondig.
Voor die Bulle-wedstryd in Windhoek gaan Namibië na Uruguay toer vir die Wêreldrugby Nasiesbeker, waar wedstryde teen Argentinië-A (29 Julie), Uruguay (5 Augustus) en Chili (12 Augustus in Santiago) bevestig is.
As Bulle-president het Strauss Namibië gelukgewens met sy Wêreldbeker-kwalifikasie. “Die wedstryd behoort puik spanbou vir Namibië te bied. As ons tot Wêreldbeker-sukses vir Namibië kan bydra, sal dit magic wees.
“Die Bulle speel in drie verskillende kompetisies en ’n besoek aan Windhoek sal blootstelling gee aan ’n paar nuwe spelers wat oor die volgende maande by ons unie gaan aansluit.”
Rathbone het die passie van die Windhoekse skare by verlede jaar Junie se kragmeting in herinnering geroep, wat “nogal ’n belewenis” was vir van die unie se jonger spelers.
“Ons sien daarna uit om ’n sterker span saam te stel om die intensiteit te verskaf wat waarskynlik by die Wêreldbeker voorlê.
“In die kort afseisoen sal ons seker omtrent 12 spelers kontrakteer vir wie die Windhoek-wedstryd hul eerste vir die Bulle sal wees.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie